CrimeNews

Wees bedag op dié nuwe skelmstreke

Be­la-Be­la-in­wo­ners word ge­waar­sku om paraat te wees en nie vreemdelinge te vertrou nie aangesien daar al hoe meer klagtes van inwoners is wat met slenters gevang word.

Die Be­la-Be­la-po­li­sie is be­wus van gevalle waar iemand res­tau­ran­te skakel om kastig ’n bestelling te plaas. Sodra die bestelling gereed is om afgehaal te word, word die werknemer gevra om lugtyd vir die inbeller te koop met die belofte dat dit met die afhaal van die bestelling vereffen sal word. Dit is dan die laaste sien van dié persoon.

Die restaurant ly skade omdat kos, waarvoor nie betaal is nie, voorberei word en die goed­har­tige werk­nemers ly ook geldelike skade.

Nog ’n slen­ter wat al ge­rui­me tyd in die sen­tra­le sa­ke­sek­tor gebruik word, is waar iemand deur ’n groep men­se genader word met inligting oor “winskope” wat by sekere winkels beskikbaar is. Mense word dan aangeraai om dadelik na dié betrokke winkel te gaan indien hulle van die ongelooflike aanbiedinge gebruik wil maak.

Die ver­dag­tes oor­tuig dan hul slagoffer om hul i­tems of pak­kies by hul­le te laat ter­wyl die inwoner na die win­kel gaan.

Die ver­dag­tes ver­dwyn dan met die inwoner se eien­dom.

Volgens ’n woordvoerder van die polisie huiwer mense om hierdie bedrog aan te meld omdat hul skuldig voel oor die manier waarop hulle verkul is. Die polisie moedig egter inwoners aan om hierdie misdade aan te meld sodat die skuldiges vasgetrek kan word.

Die po­li­sie raai ook inwoners aan om niemand te vertrou wat hulle met sulke aanbiedinge nader nie. Verdagte optrede kan by die polisie aangemeld word by tel. (014) 736 9760/1.

Related Articles

Back to top button