CrimeNews

Twee vas ná jaagtog in Modimolle

Die tonge het behoorlik in Mo­di­mol­le ge­klap na­dat die po­li­sie ’n ver­dag­te voer­tuig op Don­der­dag 17 Ok­to­ber op die R101 reg voor Hoër­skool Nyl­stroom van die pad ­ge­dwing en die in­sit­ten­des die stra­te in­ge­hard­loop het.

Twee van die mans is gou vas­ge­trek, maar die an­der twee het die woon­buurt in­­ge­hard­loop en is nog op vrye voet na­dat hul­le ver­moe­de­lik deur iemand op­ge­laai is.

Hoe­wel van die in­wo­ners aan­vank­lik ge­dink het dit is ’n ge­fnuik­te mo­tor­ka­ping, is die voer­tuig glo af­ge­trek om­dat die in­sit­ten­des daar­van ver­dink is dat hul­le be­trok­ke is by re­nos­ter­stro­pe­ry in die Bela-Bela-om­ge­wing.

Oom­blik­ke na­dat die voer­tuig tot stil­stand ge­dwing is, was tal­le po­li­sie­beamp­tes op die to­neel en het hulle die voer­tuig van hoek tot kant deur­soek.

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, is twee van die mans in heg­te­nis ge­neem op aanklag­te van die be­sit van huis­braak­im­ple­men­te.

Volgens Findlay kon die mans tot dusver nie met renos­terstro­pe­ry ver­bind word nie.

Related Articles

Back to top button