CrimeNews

Skouterrein-verdagte sterf in aanhouding

’n Man wat daar­van verdink is dat hy ’n skrik­­be­wind onder voet­gangers in die omge­wing van die ou Warm­bad-skou­terrein buite Bela-Bela gevoer het, is in die Be­la-Be­la-po­li­sie­sel­le dood.

Die man, wie se naam moontlik Pe­trus Mo­ya­na is, is ver­moe­de­lik ’n Zim­bab­wiër. Hy is sowat ’n maand gelede in ­heg­te­nis ge­neem na­dat hy met verskeie roof­tog­te in dié omgewing verbind is.

Verskeie in­wo­ners is se­dert die be­gin van die jaar in die omgewing aangeval en van hul be­sit­tings be­roof. Die ou skou­terrein is die kortste roete om te volg tussen die Bela-Bela-waterfront, die Bela-Mall en die Bela-Bela-township.

Volgens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, was die po­li­sie op die verdagte se spoor en het hulle hom op Vry­dag 20 Sep­tem­ber in die omgewing van die skou­ter­rein pro­beer aan­keer.

Hy het egter op twee po­li­sie­be­amp­tes af­ge­storm en hulle met ’n mes pro­beer aan­val. Maponya het gesê die be­amp­tes het uit nood­weer ge­rea­geer en die verdagte is gewond.

Die polisie was sedert sy inhegtenisname nie seker van sy i­den­ti­teit nie omdat hy ge­wei­er het om do­ku­men­te aan die po­li­sie te ver­skaf, het Ma­pon­ya ge­sê. Daar is egter vasgestel dat sy naam moontlik Petrus Moyana is.

Se­dert sy eers­te hof­ver­sky­ning in die Be­la-Be­la-land­dros­hof is hy ook met twee ander roof­tog­te verbind.

Volgens Maponya het die verdagte deuren­tyd mediese behandeling ontvang, maar hy het op Woens­dag 16 Ok­to­ber siek geword en is in aan­hou­ding oor­le­de. Die oorsaak van sy dood is nog nie bepaal nie.

’n Ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek is se­dert­dien ge­o­pen om die oor­saak van sy dood te be­paal.

Volgens die polisie kon hulle geen fa­mi­lie­lid of ken­nis van die oorledene opspoor nie. Hulle vra die publiek om met die polisie in verbin­ding te tree indien hulle weet waar sy familie opge­spoor kan word.

Related Articles

Back to top button