CrimeNews

Pad­stal-ver­dag­tes kry regs­hulp

Die drie ver­dag­tes wat ver­bind word met die roof op Peet Pre­to­rius, eie­naar van Peet se pad­stal bui­te Be­la-Be­la, het weer ver­le­de week vlugtig in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn.

Noah Mu­ri­mo (36), Eu­nice Chi­ru­vani (40) en Da­niel Man­yi­mo (30) is deur die po­li­sie en le­de van die Heritage Protection Group (HPG) in heg­te­nis ge­neem na­dat Pre­to­rius op Woens­dag 9 Oktober by sy wo­ning ag­ter die pad­stal be­roof is.

Een van die ver­dag­tes het Pre­to­rius glo onkant gevang in die wo­ning. Volgens die polisie het Pre­to­rius en een van die ver­dag­tes oor ’n vuur­wa­pen gestoei wat Pre­to­rius uit sy wa­pen­kluis gaan haal het om hom­self mee te ver­de­dig.

Die ver­dag­te het eg­ter die wa­pen van Pre­to­rius af­ge­neem en ’n skoot op hom ge­vuur, maar niemand is getref nie.

Twee gesteelde vuur­wa­pens is te­rug­ge­vind na­dat die ver­dag­tes aan­ge­keer is.

Mu­rimo was ’n tui­nier en Chi­ru­vani ’n huis­wer­ker vir Pre­to­rius en sy vrou, Het­tie.

Die ver­dag­tes ver­skyn op aan­klag­te van huis­roof en die be­sit van vermoedelik ge­steel­de eien­dom. Hul­le is ook daarvan aan­ge­kla dat hul­le on­wet­ti­g in die land is. Albei is na verneem word Zim­bab­wiërs.

Die po­li­sie het Pre­to­rius ’n boe­te op­ge­lê om­dat hy werkers sonder geldige permitte in diens geneem het.

Die drie het tydens hul vorige hof­ver­sky­ning op Don­der­dag 17 Ok­to­ber aan­ge­dui dat hul­le regs­hulp ver­lang en die hof het hul aansoek daarvoor toe­ge­staan.

Die ver­dag­tes moet nog om borg­tog aan­soek doen en is steeds in aan­hou­ding.

Die saak is uit­ge­stel na Maan­dag 4 No­vem­ber vir ver­de­re on­der­soek.

  • Die Pre­to­rius-ge­sin be­dank die po­li­sie en HPG vir hul flink op­tre­de wat tot die spoe­di­ge in­heg­te­nis­na­me ge­lei het. Hul is ook baie dankbaar vir die gemeenskap wat hulle ondersteun het.

Related Articles

Back to top button