CrimeNews

Drie vas ná rooftog by bekende baken buite Bela-Bela

“Die ver­dag­te het Pretorius be­veel om plat te lê, maar Pre­to­rius het na sy wa­pen­kluis ge­hard­loop om ’n vuur­wa­pen te kry. Toe hy om­draai, was die ver­dag­te reeds op hom en die twee het in ’n stoeiery betrokke geraak.”

Die Be­la-Be­la-po­li­sie, in sa­me­wer­king met die Heritage Protection Group (HPG), was op Woens­dag 9 Ok­to­ber vin­nig op die spoor van die verdagtes na­dat Peet Pre­to­rius, eie­naar van Peet se Pad­stal op die Tha­ba­zim­bi-pad buite Be­la-Be­la, be­roof is.

Die voor­val het ongeveer 10:50 by Pre­to­rius se wo­ning ag­ter die pad­stal af­ge­speel.

Peet se Padstal, ’n bekende baken buite Bela-Bela op die Thaba­zimbi-pad, waar ’n tragedie bykans ver­lede week afge­speel het. Foto: Herman Steyn

 

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, is Pre­to­rius on­kant ge­vang toe ’n ver­dag­te op hom in die huis af­ge­kom het. Die ver­dag­te het glo ’n skerp wa­pen (die aard daarvan is nog onduidelik) in die hand ge­had.

“Die ver­dag­te het Pretorius be­veel om plat te lê, maar Pre­to­rius het na sy wa­pen­kluis ge­hard­loop om ’n vuur­wa­pen te kry. Toe hy om­draai, was die ver­dag­te reeds op hom en die twee het in ’n stoeiery betrokke geraak,” het Ma­pon­ya ge­sê.

Die Pretorius-egpaar se tuinier en huis­werker word deur die polisie in heg­tenis geneem ná die aan­val. Foto’s: Verskaf

 

Die ver­dag­te het glo die vuur­wa­pen by Pre­to­rius af­ge­neem en uit die ka­mer ge­vlug. Volgens die polisie het die ver­dag­te ’n skoot af­ge­vuur toe Pretorius hom wou agter­nasit.

Pre­to­rius is nie ge­tref nie.

Pre­to­rius het vir vei­lig­heid in ’n an­der ver­trek gaan skuil ter­wyl die ver­dag­te te­rug na die kluis is en ’n ander vuur­wa­pen ge­steel het. Die ver­dag­te het toe in die om­lig­gen­de veld in gevlug, het Ma­pon­ya ge­sê.

Het­tie, Pre­to­rius se vrou, het kort ná die voor­val ge­sê haar man het sy hand in dié stoeiery be­seer. “Hie­rdie is ’n mens se groots­te nag­mer­rie,” het ’n geskokte Het­tie ge­sê.

Die po­li­sie en lede van die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum (GPF) was vin­nig op die to­neel.

Twee werk­n­emers van die Pre­to­riusse, ’n tui­nier en huis­wer­ker, is die­self­de dag aan­ge­keer en na die po­li­sie­sta­sie ge­bring vir on­der­vra­ging.

’n Der­de ver­dag­te is op Don­der­dag 10 Ok­to­ber in ­heg­tenis ge­neem. Tot groot verligting van die Pretorius-egpaar is albei ge­steel­de vuur­wa­pens te­rug­ge­vind.

Die drie ver­dag­tes, die tuinier Noah Mu­ri­mo (36), die huiswer­ker Eu­nice Chi­ru­vani (40) en nog ’n man, Da­niel Man­yi­mo (30), het op Vry­dag 11 Ok­to­ber vlugtig in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn.
Hul­le is van huis­roof en die be­sit van ge­steel­de eien­dom aan­ge­kla.

Ma­pon­ya het ge­sê ’n ver­de­re klag kan teen hul­le gelê word om­dat hul­le ver­moede­lik on­wet­ti­ge im­mi­gran­te van Zim­bab­we is.

Volgens die polisie is Peet reeds ’n boete opgelê omdat hy werkers sonder geldige werkspermitte in diens geneem het.

Die ver­dag­tes ver­skyn weer op Don­der­dag 17 Ok­to­ber in die hof waar­ty­dens hul­le ’n borg­tog­aan­soek gaan bring.

Hul­le bly in aan­hou­ding.

Related Articles

Back to top button