CrimeNews

Skouterrein-verdagte wil glo nie sy naam verskaf

Die man is aan­ge­­keer na­dat die Bela-Bela-polisie verskeie klagtes ontvang het van in­wo­ners wat beroof is terwyl hulle in die veld tussen die town­ship en die dorp geloop het.

Die ver­dag­te wat ver­bind word met verskeie roof­tog­te in die om­ge­wing van die ou Warm­bad-skou­ter­rein, langs die R516-pad na Set­tlers, het aangedui hy wil ’n borg­tog­aan­soek in die Be­la-Be­la-land­dros­hof bring.

Die man is aan­ge­­keer na­dat die Bela-Bela-polisie verskeie klagtes ontvang het van in­wo­ners wat beroof is terwyl hulle in die veld tussen die town­ship en die dorp geloop het.

Volgens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, is die man op Vry­dag 20 Sep­tem­ber geskiet tydens ’n onder­on­sie met die polisie toe hy glo ’n po­li­sie­be­amp­te met ’n mes pro­beer aan­val het toe hulle hom wou ondervra.

Die ver­dag­te het op Maan­dag 23 Sep­tem­ber in die hof ver­skyn op twee aan­klag­te van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de.

Ma­pon­ya het ge­sê die po­li­sie het die ver­dag­te on­der­vra, maar daar is steeds on­dui­de­likheid oor sy i­den­ti­teit, ouderdom of herkoms omdat hy ge­wei­er het om do­ku­men­ta­sie aan die po­li­sie te verskaf.

Luidens die klag­staat by die hof is hy Pe­trus Mo­ya­na.

Sy borg­tog­aan­soek is ge­ske­du­leer vir Don­der­dag 3 Ok­to­ber.

Die man ont­vang in­tus­sen me­die­se be­han­de­ling en is on­der po­li­sie­be­wa­king.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button