Die Pos het al herhaalde kere berig oor soortgelyke ondernemings wat se deure deur die polisie toegemaak is. Dobbelplekke sonder die nodige lisensies is onwettig. Diegene wat by dié plekke dobbel, kan ook in hegtenis geneem word.
Drie mense, wat volgens die polisie werknemers van die betrokke onderneming was, is op R1 000 elk borgtog vrygelaat. Hulle is Anna Machitiri (26), Martha Maghawo (30) en Nauman Sohaib (28).
Volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, duur die ondersoek na die eienaar van die onderneming voort.
Die ondersoekbeampte in die saak is AO Eugene Clarens.
Die drie verdagtes verskyn weer op Maandag 4 November in die hof.