Die twee is in Junie van bedrog aangekla.
Luidens die klagstaat was die twee onder die indruk dat hulle toestemming van die Bela-Bela-munisipaliteit gehad het om grond te verkoop. Die grond behoort egter aan die Waterberg-distrikmunisipaliteit.
Die galery in die hofgebou was Vrydag stampvol Tsakane-inwoners wat vermoedelik deur die twee mans ingeloop is.
Die groep mense het buite die hof aan Die Pos gesê hulle het duisende rande aan die twee mans betaal om erwe in Tsakane te bekom.
Borgtog van R1 000 is reeds voorheen aan Andries toegestaan en R500 aan Harrison.
Vyf getuies was Vrydag by die hof teenwoordig om te getuig. Landdros Gerrit Olivier het egter gelas dat die saak weer uitgestel word omdat alle getuies nie teenwoordig was nie.
Teen druktyd was die nuwe hofdatum nog nie bekend nie.
Henriëtta Ledwaba, ANC-hoofsweep van die Bela-Bela-munisipaliteit wat die klag teen die mans gelê het, het buite die hof aan Die Pos gesê sy het dit as haar plig beskou om die saak by die polisie aan te meld en dat sy beoog om die inwoners deur die hofproses by te staan.
Sy het gesê dit is vir haar vreemd dat “niemand in die hoër posisies in die munisipaliteit ’n saak wou open nie”.