CrimeNews

Vier vas nadat polisie pad versper

Dit was ’n on­aan­ge­na­me Vry­dag die der­tien­de vir vier mans wat daar­van ver­dink word dat hul­le Vaal­wa­ter ge­teis­ter het met dief­stal uit voer­tuie.

Die net het op Vry­dag 13 Sep­tem­ber om die ver­dag­tes toe­ge­vou toe die po­li­sie en vei­lig­heids­groe­pe hul pad na vry­heid kort­ge­knip het.

Volgens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het ’n lid van die omgewing se ge­meen­skaps­po­li­siërings­fo­rum (GPF) ’n wit Ford Figo ge­waar wat vermoe­delik die vo­ri­ge dag by ’n dief­stal uit ’n voer­tuig in Vaal­wa­ter betrokke was. GPF-le­de het die voer­tuig, wat op ­pad was na Vaal­wa­ter, ag­ter­volg, maar die in­sit­ten­des het on­raad ver­moed en te­rug­ge­draai Modi­mol­le toe om hul­le te probeer ont­duik.”

Speur­ders van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, die kring se trio-­taak­span, die hon­de-een­heid, die vi­sue­le po­li­siërings­een­heid, Vaal­wa­ter-po­li­sie en GPF-le­de het vin­nig gerea­geer en die pad voor die tronk (die Departe­ment van Kor­rek­tie­we Diens­te) in Modi­mol­le af­ge­sper. Die voer­tuig is voor­ge­keer en vier ver­dagtes is aange­keer.

“Sers. Aman­da Ros­souw het die vier in heg­te­nis ge­neem vir die be­sit van toe­rus­ting om in voer­tuie in te breek na­dat ’n af­stand­be­heerder wat seine blok­keer, by hul­le ge­vind is,” het Findlay gesê.

Die ver­dag­tes het vlugtig op Maan­dag 16 Sep­tem­ber in die hof op Mo­di­mol­le ver­skyn.

Find­lay het inwoners gevra om se­ker te maak hul voer­tuie se deu­re is ge­sluit wan­neer hul­le dit met ’n af­stand­be­heertoe­stel sluit.

Related Articles

Back to top button