CrimeNews

‘Loerbroer’ hou skelms weg

Kameras wat mense uit talle hoeke dop­hou, sorg dat mis­daad in die Water­berg daal.

Ko­bus Ger­mis­huys, voor­sit­ter van die Ka­ri­ba-buurt­wag, het op Don­der­dag 12 Sep­tem­ber ty­dens die plaas­li­ke vei­lig­heids­ver­ga­de­ring by die Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie gesê danksy die vei­lig­heids­ka­me­ras was daar am­per geen in­bra­ke in die omge­wing se­dert Ok­to­ber 2018 nie.

Die buurt­wag het sowat twee jaar gelede die be­hoef­te aan ka­me­ras, wat op hoë pa­le ge­mon­teer is, uitgespreek en danksy pri­vaa­t skenkings kon verskeie ka­me­ras in die Be­la-Be­la- en Mo­di­mol­le-omgewing op­ge­rig word.

Die doel daarvan was veral om ver­dag­te voer­tui­e en aktiwiteite te mo­ni­teer. Beeldmateriaal word aan die polisie en verkeersafdelings beskikbaar gestel om suksesvolle vervolging van oortreders te verseker en misdaad te bekamp, het Ger­mis­huys ge­sê.

Volgens Germishuys is die gebied in die verlede telkens deur inwoners van So­shan­gu­ve, Ham­mans­kraal en Ma­me­lo­di geteiken. “Hul­le pleeg mis­daad, word dan deur ’n voer­tuig op­ge­laai en ver­dwyn uit die omgewing. Dit het daarom nood­saak­lik geword om alle in- en uit­gangs­roetes in die omge­wing met ka­me­ras toe te rus,” het hy ge­sê.

Volgens hom het die net­werk reeds uit­ge­brei na Tha­ba­zim­bi, Sett­lers en die N1-snel­weg. “Die pad tus­sen Be­la-Be­la en Mo­di­mol­le word reeds met groot sukses deur dié ka­me­ras dop­ge­hou.”

Volgens hom word plekke waar daar nog nie kameras is nie, soos die R101 na Ham­mans­kraal en die R516-pad na Groblers­dal, nou gereeld as ontsnap­roe­tes gebruik. Beplan­ning is reeds ver gevorder om kameras langs dié roetes op te rig, het Ger­mis­huys ge­sê.

Volgens die polisie is daar steeds voor­valle van dief­stal en inbraak in die Eersbe­woond-omge­wing. Die oortre­ders maak van voet­paaie gebruik om onder die kameras se oog uit te bly.

Ger­mis­huys en sy be­stuur­span ondersoek die moontlikheid om ook kameras op dié plekke aan te bring.

Hy het gevra dat plaaslike inwoners, sakelui, asook eienaars van lodges, reser­vate en gaste­huise by dié projek betrokke raak.

Fonds­in­sa­me­lings vir nu­we ka­me­ras word gereeld ge­hou. Vir na­vrae bel vir Ger­mis­huys by tel. 082 373 2629.

Related Articles

Back to top button