CrimeNews

Drie glo met renosterhorings betrap

’n Groot­skeepse soek­tog deur boe­re, vei­lig­heids­groe­pe en die po­li­sie het ver­meen­de re­nos­ter­stro­pers se vler­ke kort­ge­knip.

Nie net was daar tien­tal­le voete op die grond om die ver­dag­tes vas te trek nie, maar dank­sy vlieg­tuie en heli­kop­ters wat deel­ge­neem het aan die soek­tog, was daar ook oë in die lug.

Die voor­val het kort voor Wêreld Re­nos­ter­dag, op Sondag 22 Sep­tem­ber, wat juis poog om be­wus­ma­king van die be­drei­ging wat dié die­re in die ge­sig staar te skep, ge­beur.

 

Die polisie het beslag gelê op twee renosterhorings wat vermoedelik in die Rankinspas-omgewing gestroop is.

 

’n Renoster is op Woens­dag­og­gend 4 Sep­tem­ber in die Ran­kins­pas-om­ge­wing ge­skiet en twee ho­rings is af­ge­saag. Na­dat hul spoor ge­volg is, is drie ver­dag­tes in die om­ge­wing van Ran­kins­pas en Vaal­wa­ter aan­ge­keer, het kol. Moat­she Ngoe­pe, pro­vin­sia­le woord­voer­der van die po­li­sie, ge­sê.

Die vol­gen­de dag is nog twee ver­dag­tes in die om­ge­wing vas­ge­trek. Teen druktyd was dit nie dui­de­lik of hul­le met die stro­pe­ry ver­bind kon word nie. Daar was ook in die­self­de tyd huis­bra­ke in die om­ge­wing.

 

Die polisie het beslag gelê op ’n jaggeweer, agt rondes ammunisie en ’n byl.

 

Die ver­dag­tes, wat tus­sen 31 en 37 jaar oud is, sal in die ho­we in Vaal­wa­ter en Modi­mol­le ver­skyn. Daar is be­slag ge­lê op ’n sil­wer­kleu­ri­ge pa­neel­wa, twee re­nos­ter­ho­rings, ’n jag­ge­weer met ’n knal­dem­per, agt rondes am­mu­ni­sie en ’n byl.

Genl. maj. Sa­muel Ma­na­la, waar­ne­men­de pro­vin­sia­le kom­mis­sa­ris van die po­li­sie, het diegene wat die verdagtes vasgetrek het ’n pluimpie gegee en gesê hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt.

Related Articles

Back to top button