CrimeNews

Twee mans sterf in plaas­aan­val

Twee mans is op Sa­ter­dag­nag 17 Au­gus­tus dood na­dat hul­le op ’n plaas in die Klip­pan-ge­bied bui­te Ra­dium ver­moor is.

Vol­gens die po­li­sie is die eie­naar, Si­mon Ma­le­ba­ne (61), vas­ge­bind by die plaas­huis dood aangetref. Hy is na ver­neem word dood na­dat hy erg aan­ge­rand is. Malebane was ’n na­week­boer.

’n Plaas­wer­ker, Da­niel Ngoagamobe (59), is ook met ’n skiet­wond na­by die plaas­huis dood ge­vind.

Dit is tans on­dui­de­lik of iets tydens die aanval ge­steel is, het die po­li­sie ge­sê.

Die mo­tief vir die moord is ook on­be­kend, maar gerugte dat an­der plaas­wer­kers by die voor­val be­trok­ke was, word on­der­soek. Malebane was betrokke by groot sa­ke­trans­ak­sies en dit kan ook nie buite rekening gelaat word nie, het die po­li­sie ge­sê.

Em­den Els, voor­sit­ter van die Ra­dium-buurt­wag, het ge­sê Ma­le­ba­ne was ’n stoe­re sa­ke­man in die Ra­dium-ge­meen­skap.

Die moorde word verder ondersoek.

  • ’n Bood­skap wat spe­si­fie­ke in­lig­ting met betrekking tot die voorval bevat, is se­dert Sa­ter­dag op so­sia­le me­dia ver­sprei. Die boodskap bevat inligting en sensitiewe detail van die misdaadtoneel en modus operandi van die aanvallers.Die Pos verneem die bood­skap was nie vir die pu­bliek be­stem nie, maar vir die onder­soek­span.

    Die po­li­sie waar­sku die pu­bliek om geen sensitiewe inligting oor misdaadtonele te versprei nie. Die uitlek van sulke inligting kan die ondersoek belemmer. Slegs ampte­like polisie­woord­voer­ders mag inligting vrystel.

    Mense wat sulke inligting kwaadwillig openbaar maak, kan in die moeilikheid beland, het die polisie gewaarsku.

Related Articles

Back to top button