CrimeNews

Ka­m­erastel­sels word eers­daags uit­ge­brei

“Hoe wy­er die net­werk uit­ge­brei word, hoe groter is die kans dat verdagtes danksy die stelsel vasgetrek word.”

Plan­ne is reeds ver gevorder om meer vei­lig­heids­ka­me­ras in die Wa­ter­berg-om­ge­wing te in­stal­leer en sodoende misdaad hok te slaan.

Die Ka­ri­ba-buurt­wag het reeds in 2017 die be­hoef­te ge­sien om vei­lig­heids­ka­me­ras op die pad tus­sen Be­la-Be­la en Mo­di­mol­le op te rig na­dat die gebied deurgeloop het onder misdadigers.

Die hui­di­ge stel­sel dra die goed­keu­ring van die Suid-Af­ri­kaan­se na­sio­na­le pad­a­gent­skap (San­ral) weg. Die in­lig­ting wat op­ge­neem word, word na die po­li­sie se da­ta­ba­sis ge­stuur sodat ver­dag­te voer­tui­e uitgewys kan word.

Die kameras wat langs die R101-pad tus­sen Mo­di­mol­le en Be­la-Be­la geïnstalleer is, het volgens die polisie bygedra tot die vervolging van verskeie verdagtes en daar is ook reeds verskeie gesteelde voertuie uitgewys.

’n Ver­ga­de­ring met buurt­wag­te en be­lang­stel­len­des is op Dins­dag 30 Ju­lie by Mooi­plaas, op die Eers­be­woon-pad, aangebied om strategiese beplanning te doen.

Deon Beu­kes, voor­sit­ter van die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum sek­tor 1, het by na­vraag ge­sê die be­trok­ke­nes wil graag ka­me­ras by el­ke dorp se i­n- en ui­tgan­ge in­stal­leer om mis­daad te beperk.

“Hoe wy­er die net­werk uit­ge­brei word, hoe groter is die kans dat verdagtes danksy die stelsel vasgetrek word. Dit dra by tot inwoners se positiewe gesindheid en algemene veiligheid,” het hy ge­sê.

“Daar is tal­le buurt­wag­te in die om­ge­wing wat van die stel­sel ge­bruik kan maak om hul eie veiligheid te verbeter. Dit maak nie saak by wie of waar hul­le ge­af­fi­li­eer is nie; dit is ’n vei­lig­heids­i­ni­sia­tief wat tot al­mal se voor­deel kan wees.”

Beu­kes het ge­sê hoewel hulle van mening is dat die sentrale veiligheidstelsels die meeste voordele inhou, is hul nie gekant teen inwoners wat hul eie stelsels wil aanbring nie. Die GPF glo dat alle inligting wat bekom word waardevol is.

“Privaat kamerastelsels kan altyd mettertyd suksesvol by die sentrale netwerk ingeskakel word.”

Hy het gesê goed­keu­ring is reeds ontvang om ’n kamera by die Eers­be­woond-pad op te rig en inwoners van Vaal­wa­ter en Mo­di­mol­le het ook plan­ne om sulke stelsels by hulle op te rig.

“’n Ka­me­ra en ­mon­teer­paal kos na ra­ming tus­sen R35 000 en R45 000 en daar­om is ons aan­hou­dend op soek na men­se wat wil saamwerk om hierdie vei­lig­heids­pro­jek te laat slaag.”

’n Fonds­in­sa­me­lingsprojek word op Sa­ter­dag 17 Au­gus­tus by Mooi­plaas gehou, het Beu­kes ge­sê.

Vir na­vrae bel vir Ko­bus Ger­mis­huys, voor­sit­ter van die Ka­ri­ba-buurt­wag onder wie se leiding die projek geloods is, by tel. 081 249 4978.

Related Articles

Back to top button