CrimeNews

Exact-verdagtes gou aangekeer

“Al die per­so­neel was ag­ter in die win­kel by­me­kaar en daar was nu­we ge­sig­te wat ek nie her­ken het nie. Ek het die ge­voel ge­kry dat iets fout was.”

Vier ver­meen­de win­kel­ro­wers wat die Exact-kle­re­win­kel in Bela-Bela op Don­der­dag 8 Au­gus­tus be­roof het, het gou hul rieme styfgeloop.

Vol­gens kol. Moat­she Ngoe­pe, pro­vin­sia­le po­li­sie­woord­voer­der, het vier mans en twee vrou­e ­om 10:30 by die win­kel in Chris Hani­straat in­ge­stap en die per­so­neel aan­ge­hou.

Na­tas­ja Kemp, se­kre­ta­res­se van die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum (GPF), het met haar jong dog­ter in dié tyd by die win­kel in­ge­stap ter­wyl die roof af­ge­speel het.

“Al die per­so­neel was ag­ter in die win­kel by­me­kaar en daar was nu­we ge­sig­te wat ek nie her­ken het nie. Ek het die ge­voel ge­kry dat iets fout was en het ge­maak as­of ek na die kle­re staan en kyk,” het Kemp gesê.

Die twee het son­der om ag­ter­dog­tig te lyk die win­kel ver­laat en die po­li­sie, as­ook die plaas­like reaksie­span, ge­kon­tak.

“Na­dat ek die­self­de ver­dag­tes ver­by my in die straat ge­sien stap het met ’n groot sak, is ek te­rug na die win­kel. Ek het die per­so­neel vas­ge­bind in die ag­ter­ste ver­trek van die win­kel ge­vind.

Ek is net dank­baar dat ek ’n be­skerm­­eng­el op dié dag ge­had het. Niemand is beseer nie,” het sy ge­sê.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê die win­kel­be­stuur­der het in sy ver­kla­ring ge­sê hy het geen vuur­wa­pen by die ver­dag­tes ge­sien nie.

Vol­gens N­goe­pe het die ver­dag­tes in twee voer­tui­e, ’n wit Volks­wa­gen Po­lo en swart Citi Golf, ge­vlug. Die ge­steel­de i­tems het sel­fo­ne, hor­lo­sies en beur­sies in­ge­sluit.

Die po­li­sie het da­de­lik aan die werk ge­spring en kort voor een­uur die swart Golf na­by die Mau­ba­ne-af­rit op die N1-snel­weg in die rigting van Pre­to­ria ná ’n kort jaagtog van die pad ge­trek.

Die wit Po­lo is steeds nie gevind nie.

Vier ver­dag­tes, Le­ra­to Kgo­mo (33), Zan­di­le (33) en Si­bu­si­so (31) Hlats­wa­yo, en Tshe­po Ma­hlan­gu (33) het op Maan­dag 12 Au­gus­tus in die Be­la-Be­la-land­dros­hof op aan­klag­ van ­roof en die be­sit van vermoe­delik ge­steel­de eien­dom ver­skyn.

Ngoe­pe het ge­sê die vier word met ander rooftogte in ver­skei­e pro­vin­sies ver­bind.

Die saak is uit­ge­stel na Don­der­dag 22 Au­gus­tus wan­neer hul­le om borg­tog sal aan­soek doen.

Related Articles

Back to top button