CrimeNews

Vermeende ka­bel­dief­ aangekeer

Die po­li­sie het ’n deur­braak ge­maak in die voortslepende voorvalle van ko­per­ka­bel­dief­stal in die Wa­ter­berg-om­ge­wing na­dat ’n man van Mo­di­mol­le op Woens­dag 17 Ju­lie op die R101-pad na­by Ra­dium in­ heg­te­nis ge­neem is.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê ’n ge­sa­ment­li­ke po­li­sie­o­pe­ra­sie, Tswa­ra Tsot­si, is ver­le­de week in sa­me­wer­king met om­lig­gen­de buurt­wag­te en die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum (GPF) ge­hou.

Die o­pe­ra­sie­span het Woens­dagnag ’n voer­tuig met drie in­sit­ten­des na­by die teer­padkrui­sing in die McKen­zie-om­ge­wing en die Mant­so­le-weeg­brug voor­ge­keer.

Ma­po­nya het ge­sê twee van die in­sit­ten­des het uit die voer­tuig ge­spring en op die vlug ge­slaan, waarna die po­li­sie die voer­tuig­be­stuur­der in ­heg­te­nis geneem het.

By nadere ondersoek is daar op drie sakke koperkabels en ander koperprodukte in die voertuig se kattebak afgekom. Die ko­per is vermoe­delik ge­steel.

Die ver­dag­te, Jo­nas Mu­ti­l­eni Re­sen­ga (35), het aan die po­li­sie gesê dat hy van Mo­di­mol­le na Pre­to­ria onderweg was, het Ma­pon­ya ge­sê.

Re­sen­ga het op Vry­dag 19 Ju­lie in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn.

Hy is op borg­tog vry­ge­laat en moet weer op Woens­dag 14 Au­gus­tus in die hof verskyn.

Die polisie het op die voertuig beslag gelê vir verdere ondersoek, het Ma­pon­ya ge­sê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button