CrimeNews

Twee re­nos­ters naby Bela-Bela gestroop

’n Tra­ge­die het in die E­lands­fon­tein-om­ge­wing bui­te Be­la-Bela afgespeel toe twee witrenosters ge­stroop is.

Die naam van die re­ser­vaat waar die voor­val plaas­ge­vind het, word om vei­lig­heids­re­des weer­hou.

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, is ’n saak van on­wet­ti­ge stro­ping op Dins­dag 16 Ju­lie ge­o­pen na­dat die twee re­nos­ter­bul­le op die re­ser­vaat dood­ge­skiet en hul ho­rings af­ge­saag is.

Die be­stuur van die re­ser­vaat is om kom­men­taar ge­na­der, maar het aan Die Pos ge­sê die ondersoek is sen­si­tief van aard.

So­ver ver­neem word, is die oor­bly­wen­de re­nos­ters na ’n vei­li­ger om­ge­wing verskuif.

Die on­der­soek na die voorval duur voort.

Related Articles

Back to top button