CrimeNews

Hokaai! Keer voor!

’n Groot vrag­mo­tor het ska­de aan twee on­der­ne­mings in Mo­di­mol­le aan­ge­rig na­dat dit net voor mid­der­nag op Vry­dag 19 Ju­lie op die sy­paad­jie be­land het.

Die vrag­mo­tor het ska­de aan die dak en voor­ste mu­re van PSG Fi­nan­siële Diens­te en die Remax-eien­doms­agentskap in Tha­bo Mbe­ki­weg aan­ge­rig. Re­max het die erg­ste deur­ge­loop. Die vrag­mo­tor het ook twee groot bo­me flen­ters ge­ry en ’n mu­ni­si­pa­le wa­terpyp be­ska­dig.

’n Vrag­mo­tor wat die pad bys­ter ge­raak het, het ska­de aan­ge­rig aan die ge­bou waar­in PSG Fi­nan­siële Diens­te en die Re­max-eien­doms­agent in Mo­di­mol­le is.

 

Die be­stuur­der van die vrag­mo­tor is op die to­neel in heg­te­nis ge­neem op aanklag­te van dronk­be­stuur en roe­ke­lo­se en na­la­tige be­stuur, het AO. James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, aan Die Pos gesê.

Vol­gens Da­nie Hu­man van PSG is hul ska­de ge­luk­kig re­de­lik be­perk. “Dit kon er­ger ge­wees het, maar die vrag­mo­tor het ge­luk­kig eers die boom ge­tref en daarna het dit van rig­ting ver­an­der. Die vragmotor het toe net teen die ge­bou ver­by­ge­skraap.”

Hy het tong-in-die-kies by­ge­voeg dat hul­le “ge­luk­kig goed ver­se­ker is” — juis een van die diens­te wat PSG aan hul kliën­te bied.

“Ons het uit­ste­ken­de on­der­steu­ning vanuit die ge­meen­skap ge­kry. Iemand van die buurt­wag het my Vry­dag­nag ge­kon­tak om te sê wat ge­beur het en die po­li­sie was baie vin­nig op die to­neel. Die brand­weer het ook op­ge­daag en ver­skeie men­se in die ge­meen­skap het hulp aange­bied. Die plat­te­land­se on­der­steu­ning was fan­tas­ties.”

  • Brighton Kufa het vlugtig in die Modimolle-land­droshof verskyn. Die saak is uitgestel na Vrydag 26 Julie.

Related Articles

Back to top button