CrimeNews

Beboste erf nou skoon ná harde werk

Die be­­bos­­te erf tus­­sen die hof­ge­boue en po­li­sie­kan­toor in Mo­di­mol­le sien stuk­ke be­ter daar­na uit na­dat in­wo­ners self in­ge­spring en dit skoon­ge­maak het.

Sake­on­der­ne­mings, die AfriFo­rum-buurt­wag en vry­wil­li­gers het op Sa­ter­dag­og­gend 20 Ju­lie in­ge­spring om vul­lis op te tel, bo­me af te saag en gras te sny. ’n He­le vul­lis­stort­bak is vol­ge­maak met pa­pie­re, bot­tels en an­der ge­mors.

Dié ini­sia­tief is deel van die skoon­maak­pro­jek wat deur AO. Pie­ter Booy­se van die Mo­di­mol­le-poli­sie ge­loods is om kri­mi­ne­le ak­ti­wi­tei­te in die dorp hok te slaan deur be­bos­te ge­bie­de wat as weg­kruip­plek ge­bruik word, op te ruim. Booy­­se is ver­­ant­­woor­­d­e­­lik vir lan­­d­e­­li­ke en ge­­meen­­skaps­­vei­­lig­­heid in die dorp.

On­der­ne­mings is ge­na­der om hulp en sken­kings van brand­stof vir die bos­sie­kap­pers.

Die ge­bied om die dorps­dam is reeds ont­bos en sig­baar­heid is baie be­ter na­dat ’n span, in same­werking met Working on Fire, op Maan­dag 10 Ju­nie die gras en rie­te af­ge­brand het. Boom­sny­ers wat die hout­ ver­­koop, het die bo­me ver­wy­der. Dié deel van die dorp was ’n groot kop­seer vir mis­daad­be­kam­ping om­dat verdagtes mak­lik in die ruigtes ver­dwyn het wan­neer die po­li­sie hul­le ag­ter­nage­sit het.

Die ri­vier­oewers van­af die Vaal­­wa­­ter­­pad tot by Joe Slovo­­straat is vol­gen­de aan die beurt. Veld­brande wat die af­ge­lo­pe we­ke ont­staan het, het reeds van die gras in die strook afge­brand.

In­wo­ners wat be­trok­ke wil raak by die pro­jek om mis­daad te help be­kamp, maar ook die dorp net­jies te maak, kan Booy­­se bel by tel. 082 850 3419.

Related Articles

Back to top button