CrimeNews

Man gevonnis oor toestand van sy donkies

In­wo­ners van die Be­la-Be­la-ge­meen­skap het die skul­dig­be­vin­ding van ’n man wat sy don­kies mis­han­del het, ver­wel­kom.

Pan­ki Mo­ra­ke (30) ’n don­kie­kar­be­stuur­der, is op Maan­dag 8 Ju­lie in die Be­la-Be­la-land­dros­hof skul­dig be­vind op ’n aan­klag van die­re­mis­han­de­ling.

Pie­ter Wag­ner, eien­doms­a­gent van die dorp, het ’n klag van die­re­mis­han­de­ling by die po­li­sie ge­lê na­dat hy die don­kie­kar in Van der Mer­we­straat ge­sien en ge­merk het dat die don­kies oop won­de op hul ly­we het. Hul­le het ook tal­le kneus­plek­ke ge­had en het nie ge­sond ge­lyk nie.

Die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) het die don­kies ver­wy­der en be­han­del. Die twee die­re word tans by die DBV-tak in Sil­ver­ton ge­huis­ves tot­dat daar vir hul­le ’n ge­skik­te huis ge­vind word.

Die hof het Mo­ra­ke ’n von­nis van ses maan­de tronk­straf of ’n boete van R3 000 op­ge­lê. Hy het ver­kies om die R3 000-boe­te te be­taal en is vry­ge­laat.

Wag­ner het na af­loop van die hof­saak ge­sê die ver­ant­woor­de­lik­heid om mis­daad aan te meld, rus op el­ke wets­toe­pas­ser se skou­ers.

Di­ere lê hom na aan die hart en hy wil die­re­mis­han­de­ling met wor­tel en tak uit­roei, het hy ge­sê.

Related Articles

Back to top button