CrimeNews

Werker gooi glo petrolbomme in boer se stoor

Die nood­­groe­pe het op Sondag 7 Ju­lie be­­hoor­lik gegons na­dat daar ’n brand op Wil­lem Groot­­hof, be­ken­de boer van Sett­lers, se plaas uit­­ge­­breek het.

Groot­­hof het by na­­vraag ge­sê ’n voor­­ma­­li­ge plaas­­wer­ker kan vermoe­delik met die brand ver­bind word.

Die ver­dag­te het glo pe­trol­­bom­me in een van die plaas­­sto­re ­ge­gooi, waar­na 250 hooi­ba­le aan die brand geraak het.

Tal­le boe­re, buurt­­wag­lede en om­­lig­gen­de in­wo­ners het hul na die plaas ge­haas om die vlamme te keer.

Een in­wo­ner het met sy vuur­­veg­ter­­wa na die plaas gery, maar na­by die Son­de­la-na­tuur­­re­ser­vaat beheer oor sy voer­tuig ver­loor en die wa het om­­ge­slaan.

Die man het na verneem word slegs lig­te be­se­rings op­ge­doen.

Die brand is gelukkig la­ter die mid­dag on­der be­heer ge­bring.

“Die petrol­bomme het ge­luk­kig geen ska­de by die sto­re ver­oor­­saak nie,” het Groot­­hof ge­sê.

“Die wind het ook ge­luk­kig op dié dag reg ge­waai en die vonke het nie ander gestoorde bale ook aan die brand gesteek nie. Die plaas­­wer­­kers het almal inge­spring en gehelp en saam­­ge­staan, waar­­voor ons dank­­baar is. Hul­le is erg veront­waar­dig en kwaad vir die verdagte wat die brand gestig het,” het Groot­hof aan Die Pos gesê.

Hy het sy dank uitge­spreek teenoor almal wat op die nood­groep gereageer en ingespring het om te help.

’n Saak van brand­­stig­ting is reeds by die Be­la-Be­la-po­li­sie ge­o­pen.

Die ver­meen­de brand­­stig­ter was teen druk­tyd steeds op vry­e voet.

Related Articles

Back to top button