CrimeNews

Twee ver­meen­de in­bre­kers vasgetrek

In­wo­ners van die Twee­fon­tein-om­ge­wing bui­te Be­la-Be­la is verlig na­dat die Be­la-Be­la-po­li­sie op Woens­dag 26 Ju­nie twee ver­meen­de in­bre­kers in­ heg­te­nis ge­neem het.

El­vis Mu­si­me­ki (34) en Zim­ba Shi­med­zi (26), albei Zim­bab­wie­se burgers, is volgens die polisie in die Be­la-Be­la-town­ship met ge­steel­de eien­dom in hul besit be­trap.

Hulle word met drie in­bra­ke in die Twee­fon­tein-om­ge­wing ver­bind.

Die vermoedelik ge­steel­de eien­dom sluit meest­al ge­reed­skap en huis­hou­de­li­ke toe­stel­le in. Volgens sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het daar reeds inwoners voren­dag gekom en van hul gesteelde eien­dom uitgewys.

Maponya sê die twee verdagtes kon geen bewys lewer dat hulle wettig in die land is nie.

Musimeki en Shimedzi het reeds vlugtig in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn op aanklagte van huisbraak en diefstal. Hulle word ook daarvan aangekla dat hulle onwettig in die land is.

Die saak is na Maan­dag 22 Ju­lie uitgestel. Die mans bly intussen in aan­hou­ding.

Related Articles

Back to top button