CrimeNews

Vrou se veilige hawe aan flarde

’n Enkellopende jong vrou van Bela-Bela is vroegoggend deur twee rowers in haar huis verras.

Bian­ca Hen­der­son het op Vrydagoggend 04:45 haar gebruiklike oggendkoffie gedrink toe sy ’n geraas by haar voordeur hoor.

“Ek het ge­dog dat dit die hon­de was, maar toe ek gaan kyk het ek ge­sien hoe ’n hand­skoen-hand die deur oop­stoot. Ek het ge­weet hier is nou moei­lik­heid, want ek het besef dat ek self ­die spesifieke deur ge­sluit het.”

Henderson woon net buite die dorp in ’n woonkompleks wat op die perseel van Emmies Verkoeling geleë is. Die perseel is naby aan die Spa Park-woonbuurt.

Twee ro­wers, van wie een ’n mes in die hand ge­had het, het daarna die huis bin­ne ge­stap. Vol­gens haar het een ’n swart baad­jie met ’n kap­pie, en die an­der ’n rooi baad­jie, ook met ’n kap­pie op, ge­dra.

Sy het ver­tel dat die ro­wers reg­uit vir haar sel­fo­ne en ’n skoot­re­ke­naar ge­gaan het. Die booswigte het Hen­der­son nie seergemaak nie.

“Die hele voorval was bin­ne 30 se­kon­des verby en die twee het ver­dwyn. Nou is my vei­li­ge ha­we aan flar­de,” het sy ge­sê. “Ek woon reeds twee jaar hier, maar van die ander inwoners wat etlike jare hier woon, sê daar was nog nooit so voorval nie.”

Die ro­wers het blyk­baar deur die eien­dom se hei­ning ge­kom, het sy ge­sê.

Hen­der­son, wat by Fun Seekers by die Sondela Natuurreservaat werk, het die naweek ná die voorval by fa­mi­lie gaan woon, maar sy gaan weer volstoom met haar lewe voort.

“Ek moet be­sig bly. Ek suk­kel om te slaap, want al­les speel nog voor my oë af. As iets krap of raas dan skrik ’n mens. Maar elke dag gaan dit beter en ’n mens moet net die skok verwerk,” het Henderson gesê.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die saak word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button