CrimeNews

Internetbedrieërs buit duisende

Twee in­wo­ners van Mo­di­mol­le is ar­mer na­dat hul­le deur­ge­loop het on­der in­ter­netbe­drieërs.

Die be­drieërs, wat die ge­wil­de so­sia­le me­diaplat­form Face­book ge­bruik het, het hul­le oor­tuig dat hul groot be­drae geld ge­wen het, maar eers ’n be­drag moes oor­be­taal voor­dat hul­le die prysgeld kon ont­vang.

In die eers­te ge­val is ’n vriend van die in­wo­ner se Facebook-pro­fiel ge­kraak. Dit het die be­drieërs in staat ge­stel om hul­self as die vriend voor te doen. Die “vriend” het aan die in­wo­ner ge­sê dat hy ’n ene Maria Greene op Facebook moet be­vriend en dan ’n kans staan om R500 000 in ’n lo­te­ry te wen.

Vol­gens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het die in­wo­ner so ge­maak. “Maria Greene” het sy ID-nom­mer ge­vra en be­ves­tig dat hy kwa­li­fi­seer om aan die lo­te­ry deel te neem.

Hy het daar­na glo die geld ge­wen, maar is ver­soek om eers ’n be­ta­ling van R5000 via die selfoon te maak voor­dat hy die geld kan ont­vang.

“Die vrou het die in­wo­ner weer ge­kon­tak en ’n ver­de­re R15 000 ver­soek. Die man het lont ge­ruik en het die po­li­sie ge­na­der,” het Find­lay ge­sê.

Banke het ’n diens waar ’n persoon geld na ’n per­soon kan stuur deur hul sel­foon­nom­mer te ge­bruik. Hul­le ont­vang ’n pin-ko­de en kan die geld by ’n kits­bank trek. Vol­gens die po­li­sie is dit uit­son­der­lik moei­lik om dié mis­da­di­gers vas te trek om­dat hul­le sel­foon­kaar­te ge­bruik wat nie ge­re­gi­streer is nie.

In die twee­de ge­val is ’n vrou op die dorp op soort­ge­ly­ke wy­se in­ge­loop. Sy het op Facebook Messenger ’n ska­kel ont­vang dat sy aan die “Facebook Lottery” kan deel­neem. Die lo­te­ry be­staan eg­ter vol­gens die on­der­soek­beamp­te, AO Eugene Clarence, nie. Daar is aan die vrou ge­sê dat sy R200 000 ge­wen het maar eers R8000 na ’n selfoon­nom­mer en ’n Money Market-re­ke­ning toe moet be­taal voor­dat sy haar geld sal ont­vang. Sy het te laat haar fout be­sef en is haar geld kwyt.

Vol­gens ’n ver­slag wat ver­le­de jaar deur die Fi­nan­siële In­tel­li­gen­sie­sen­trum ge­le­wer is, word Suid-Afri­ka­ners toe­ne­mend deur in­ter­net­be­drieërs ge­tei­ken. Van die slen­ters sluit in werks­aan­bie­dings oor­see, wat veral op jonger, ge­kwa­li­fi­seer­de men­se ge­rig is, leu­ens dat hul­le kan aan­spraak maak op ’n erf­por­sie en geld wat in aan­lyn­spe­le­tjies ge­wen kan word.

Die Mo­di­mol­le-po­li­sie on­der­soek die twee sake.

“Die po­li­sie waar­sku men­se om op hul hoe­de te wees vir bood­skap­pe wat uit die blou­te op­daag en sê dat hul­le geld ge­wen het. Dit is ’n dui­de­li­ke waar­sku­wings­te­ken as hul­le vra dat jy eers geld moet in­be­taal,” het Find­lay ge­sê.

In­wo­ners wat die­self­de stel af­ge­trap het of wat in­lig­ting het, kan die on­der­soek­beamp­te AO Eugene Clarence ska­kel by tel. 082 943 1214.

Related Articles

Back to top button