CrimeNews

Booswigte breek by sentrum in

Die verdagtes het net voor 06:00 by die Mall op­daag en personeel oortuig dat dit ’n roetine­besoek was om ou voor­raad van die win­kels op te laai of af­le­we­rings te doen. Die wagte het daarom geen onraad ver­moed nie.

Nie ’n enkele vei­lig­heids­wag het glo snuf in die neus ge­kry toe ’n groep boos­wigte in die vroe­ë og­gend­u­re van Dins­dag 11 Ju­nie die Bela Mall onder valse voor­wend­sels betree het nie.

Die boos­doeners het die Cape Union Mart-winkel in dié sentrum in die oog gehad.

Grey­ling Lam­precht, sen­trum­be­stuur­der, het aan Die Pos ge­sê die verdagtes het net voor 06:00 by die Mall op­daag en personeel oortuig dat dit ’n roetine­besoek was om ou voor­raad van die win­kels op te laai of af­le­we­rings te doen. Die wagte het daarom geen onraad ver­moed nie.

Die vyf ver­dag­tes het die wag­te se toestem­ming gevra om toe­gang tot die Mall se par­keer­terrein te kry.

Volgens Lamprecht kan daar duidelik op die vei­lig­heids­ka­me­ras se beeld­ma­te­ri­aal ge­sien word hoe die boos­wigte op en af in die Mall se gang­e ge­loop en rond­kyk het om se­ker te maak dat die wag­te bui­te sig is.

Daarna het hulle die glas­vens­ter aan die voor­kant van die Cape Union Mart-win­kel ge­breek en ver­skei­e i­tems gebuit voordat hulle vinnig uit die par­keer­terrein ge­vlug het.

Die waar­de van die ge­steel­de i­tems beloop ongeveer R240 000, het Lam­precht ge­sê.

Die die­we het in ’n nuwe model wit Isuzu-bakkie deur ’n oop hek in die parkeer­ter­rein ge­vlug.

Voorlopige onder­soeke toon dat hulle moont­lik vooraf met die hek se motor gepeu­ter het.

Hoe­wel die nom­mer­plaat op die bak­kie duidelik ge­sien kan word, is daar vas­ge­stel dat dit vervals is, het Lam­precht aan Die Pos ge­sê.

Die po­li­sie on­der­soek die saak.

’n Nu­we maat­reël is in­tus­sen by die Mall in­ge­stel dat men­se wat die Mall in die vroe­ë og­gend- en na-u­re be­soek, ’n per­mit aan die wag­te moet toon voordat hulle toegang tot die perseel kan kry, het Lam­precht ge­sê.

Related Articles

Back to top button