CrimeNews

Vraag na hout kan natuur duur te staan kom

Hoe­wel die hout as se­kel­bos ver­koop word, sê be­wa­rings­ge­sin­des dat be­dreig­de hout­spe­sies soos tambotie en boekenhout ook in die sak­ke gevind word.

Hout­smou­se doen flink sa­ke langs die deur­gangs­roe­tes in ver­skeie Bos­veld­dor­pe.

Hel­der­oran­je l­e­moe­ne, avo­kado­pere en braai­hout — teen ’n ska­mele R8 per sak — lok rit­se ko­pers wat hul braaivleisvure hoog gaan laat brand.

Die Pos het on­langs be­rig oor ’n in­wo­ner se kom­mer oor die im­pak wat on­deur­dag­te hout­stro­pery van in­heem­se bo­me — som­mi­ges be­skerm­de spe­sies — op die na­tuur het. Die vraag na hout styg in die koue win­ter­maan­de on­der in­wo­ners wat nie toe­gang tot elek­tri­si­teit het nie en vir wie hout le­wens­nood­saak­lik is.

Die Mo­di­mol­le-po­li­sie het op Don­der­dag 6 Ju­nie toe­ge­slaan op hout­smou­se wat hul wa­re on­wet­tig langs die Vaal­wa­ter­pad bui­te Mo­di­mol­le ver­koop. Die ge­meen­skaps­po­li­siërings­fo­rum, lan­de­li­ke vei­lig­heid, die Wasps-vei­lig­heids­groep, die de­par­te­ment van ge­sond­heid en die Lim­­p­o­­po de­­par­­te­­ment van eko­­no­­mie­­se ont­­wik­­ke­ling en toe­­ris­­me (Ledet) het aan die ope­ra­sie deel­ge­neem. Die smou­se ver­koop braai­hout wat deur in­wo­ners, so­wel as stede­like be­soe­kers, ge­koop word.

Hoe­wel die hout as se­kel­bos ver­koop word, sê be­wa­rings­ge­sin­des dat be­dreig­de hout­spe­sies soos tambotie en boekenhout ook in die sak­ke gevind word. Dié hout is aan­sien­li­k goed­ko­per as in die stede waar ’n sakkie sowat R39 kos.

Tydens die operasie is 16 men­se aan­ge­kla daarvan dat hul han­del ge­dryf het son­der die no­di­ge per­mit­te. Tal­le was bui­te­lan­ders wie se do­ku­men­te deur die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke na­ge­gaan is. Daar is op sowat 2 000 sak­kies hout beslag gelê, asook 300 sak­kies le­moe­ne, 250 sak­kies avo­ka­do­pere en drie sak­ke mie­lies, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, be­ves­tig.

Die stal­letjies is mees­tal skaars ’n me­ter van die pad­skou­er af op­ge­slaan. Gro­ter stom­pe word langs­aan ver­werk in klei­ner stuk­ke so­dat dit in sak­ke ver­pak kan word. Dié optrede is teen die pad­agent­skap San­ral se re­gu­la­sies om­dat dit mo­to­ris­te se vei­lig­heid kan be­na­deel.

Wet­ge­wing be­paal dat daar geen han­del ge­dryf mag word bin­ne 60 m van die pad­re­ser­we af en son­der die toe­stem­ming van San­ral nie. Selfs dan is ’n per­mit no­dig om iets langs die pad te ver­koop. Nie een van die smou­se wat aan­ge­kla is, kon ’n per­mit toon nie, het die po­li­sie ge­sê.

Verskeie in­wo­ners het hul kom­mer ge­lug oor die tem­po waar­teen in­heem­se bo­me af­ge­sny word. ’n Man wat ano­niem wou bly, het ver­le­de week ver­tel dat hy reeds twee keer vrag­mo­tors met groot tam­bo­tie- en boe­ken­hout­stom­pe wat by­kans ’n me­ter in deur­snee is, op die Jas­per-pad langs die trein­spoor teëge­kom het. Hy het glo by die bestuurders na­vraag ge­doen oor waar­heen dit op ­pad is.

“Hulle het ge­sê dat hul­le dit aan ’n Chi­nese sake­man van Jo­han­nes­burg ver­koop,” het hy ge­sê. “Hoe­veel jaar neem ’n boom om daar­die groot­te te be­reik?”

Die on­wet­ti­ge stro­pe­ry van bo­me is wêreld­wyd ’n pro­bleem. In Mo­sam­biek het die re­ge­ring reeds ’n memo­ran­dum van oor­een­koms met Chi­na aan­ge­gaan om on­wet­ti­ge hout­stro­pe­ry te be­perk. China het ’n on­les­ba­re dors na goeie gehalte hout vir die maak van meu­bels. Die nuus­agent­skap Reuters het ver­le­de jaar be­rig dat Oos­ter­se bron­ne vir har­de­hout soos roos­hout uit­ge­put is en die Chi­nese na Afri­ka kyk om die mark te voed.

Mosam­biek is tans die tien­de groot­ste uit­voer­der van roos­hout na China. Vol­gens Reuters het Mo­sam­biek sedert 2 000 reeds by­kans drie mil­joen hek­taar wou­de, oftewel 10 %, ver­loor weens on­wet­ti­ge stro­pery.

Nog ’n in­wo­ner van Modimolle, wat ge­reeld in Mo­sam­biek werk, sê dat die groot bo­me vir kilo­me­ters aan­een in die noor­de van die land ge­stroop is. “Ek het ge­hoor van die men­se sê hul­le kry so­veel as R4 000 per boom wat hul­le af­kap. Van die hout, veral kiaat, word ook ge­bruik om hout­skool mee te maak,” het die man, wat nie ge­noem wou word nie, ge­sê. “Ons wil nie hê dié pro­bleem moet in ons om­ge­wing kop uit­steek nie. Dit sal ’n groot invloed op die om­ge­wing hê.”

Plaas­lik is daar uit­een­lo­pen­de me­nings oor waar en waar­voor die hout ge­stroop word. Van die smou­se ver­tel dat hul­le hout oes op pla­se tus­sen Modi­mol­le en Mook­go­phong waar boe­re ont­bos vir nu­we lan­de. ’n Oog­ge­tuie sê eg­ter dat smou­se eiendom onwettig be­tree en hout op staats­gron­de en pri­vaat eien­dom stroop. Vol­gens een van die smou­se word van die hout op vrag­mo­tors ge­laai en na ste­de ver­voer en an­der word deur smou­se ver­koop aan die dui­sen­de men­se in plak­kers­kam­pe wat nie elek­tri­si­teit het nie en dit ge­bruik vir hit­te en om kos te kook. “Daar is baie men­se wat hout soek,” het die man ge­sê.

’n Stu­die wat in 2016 in die we­ten­skaps­joer­naal Environmental Research Letters ge­pu­bli­seer is, het die pro­duk­sie van hout­skool om aan die ste­de­like vraag te voorsien, bla­meer as die groot­ste dryf­veer ag­ter die ver­lies aan wou­de in sub-Sa­ha­ra Afri­ka. Vol­gens hul skatting sal dié vraag in die ko­men­de de­ka­des styg.

Die de­par­tement van wa­ter­sa­ke en bos­bou (DWAF) het reeds 10 jaar ge­le­de in ’n ver­slag hul kom­mer oor die vin­nig­groei­en­de braai­hout­mark in Gau­teng uit­ge­spreek. Reeds in 2007 is daar na ver­wag­ting so­wat 70 000kg braai­hout per dag in die pro­vin­sie ver­koop, hoe­wel na­vor­sers glo die sy­fers is dub­bel soveel.

Eugene Nemavhola, ’n inspekteur van Ledet, het bevestig dat die onoordeelkundige afsaag van inheemse bome ’n probleem is. “Van die mense sny hout af vir eie gebruik om kos te kook en warm te bly. Daar is egter ander mense wat dit uitbuit vir eie gewin en soveel bome afsny as wat hulle kan. Hulle laat die grond kaal agter en verkoop die hout. Dit veroorsaak skade aan die natuur.”
Hy het mense aangemoedig om hout van betroubare bronne aan te koop.

Kan daar ’n ba­lans tus­sen be­wa­ring en die vraag na ’n nood­saak­li­ke hulp­bron — hout — be­reik word? Sal die pu­bliek be­reid wees om slegs hout van etie­se ver­skaf­fers te koop al kom dit teen ’n duur­der prys?

Related Articles

Back to top button