CrimeNews

Rondlopervee geskut ná klagtes

Die inwoners van die Roo­de­poort-hoewes bui­te Be­la-Be­la het op Maan­dag 20 Mei ge­noeg ge­had van die rond­lo­per­vee wat ’n ge­vaar vir mo­tor­ry­ers in hier­die om­ge­wing in­ge­hou het.

Rond­lo­per­vee is al maande lank ’n groot kopseer in die Bela-Bela-om­ge­wing. Die Pos het al verskeie kere berig oor onge­lukke wat deur rond­loper­vee veroor­saak word. Die jongste was in A­pril toe ’n polisie­voer­tuig op die R516-pad tussen Bela-Bela en Sett­lers teen ’n bees gebots het.

Vol­gens die Be­la-Be­la-po­li­sie het hul­le om 16:00 op Maan­dag 20 Mei ’n klagte ont­vang dat daar 10 bees­te in Swa­ne­poel­straat by die be­ken­de S-draai­e naby Ro­ode­poort rond­ge­dren­tel het. Die bees­te was glo son­der ’n op­pas­ser. Dit het daar­toe ge­lei dat die bees­te die­self­de dag, in sa­me­wer­king met die po­li­sie, ge­skut is.

Die po­li­sie het pro­beer om die eie­naar op te spoor, maar was onsuksesvol, waarna die skut by Murrayhill, bui­te Pre­to­ria, ge­kon­tak is om die bees­te te kom oplaai.

Die po­li­sie het voorts ge­sê die eie­naar het eers la­ter na vo­re ge­kom. Hy moes nood­ge­dwong­e ’n ste­wi­ge boete aan die skut per bees op­dok om sy vee terug te kry. Die eie­naar is eg­ter nie aan­ge­kla nie.

Die pu­bliek mag die skut di­rek kon­tak om rond­lo­per­vee te skut, maar eers na­dat hul­le ’n klag by die po­li­sie gelê en die klag in die po­li­sie se voor­val­le­boek aan­ge­te­ken is, het die po­li­sie ge­sê.

Die Mur­ray­hill-skut kan ge­kontak word by tel. 082 568 4746 en die Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie by tel. (014) 736 9760.

Related Articles

Back to top button