CrimeNews

Limpopo-buurtwagte skep hoop teen misdaad in Suid-Afrika

AfriForum het Projek Nehemia — ’n strategie teen geweldsmisdaad wat verlede jaar in Limpopo van stapel gestuur is — opgeskerp deur opleiding aan lede te bied.

Altesame agt AfriForum-buurtwagte van Limpopo het die naweek van 10 en 11 Mei opleiding, wat net buite Vaalwater plaasgevind het, bygewoon.

Die buurtwagte en die bevelsgroep van Projek Nehemia het tydens die opleiding ’n reeks veiligheidsmodules bygewoon met die doel om misdaad in Limpopo te bekamp en gemeenskapslede by te staan en weerbaar te maak. Die modules het bevel-en-beheer, gebiedsbeskerming, regsaspekte, huis- en haardbeskerming, traumaberading en kommunikasie ingesluit.

“Dit is tans belangrik dat gemeenskappe self verantwoordelikheid vir hul veiligheid neem. Opleiding soos hierdie bied ook aan buurtwaglede die geleentheid om insig te kry wat betref die uitdagings in ander gemeenskappe en so kan ons almal by mekaar leer,” het Aldo Venter, voorsitter van AfriForum se tak in Lephalale, in ’n verklaring gesê.

“Ons moedig gemeenskappe aan om by veiligheidsinstellings betrokke te raak en hul eie veiligheid voorop te stel. Opleiding is uiters belangrik sodat mense weet hoe om hulself en hul naastes binne die raamwerk van die wet te beskerm,” het Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek, gesê.

Om by die naaste plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke te raak, SMS die woord “Buurtwag” na tel. 45342. SMS’e kos R1.

Related Articles

Back to top button