CrimeNews

Diewe dra ou plaasopstal stuk-stuk weg

’n Familie van die Nood­hulp-om­ge­wing bui­te Be­la-Be­la sit met die hande in die hare nadat boos­wigte hulle die afgelope klompie maande onop­houdelik geteister het.

“Ons was nog nooit bang nie, want ons het op ’n plaas groot­ge­word en nog nooit e­ni­ge pro­ble­me met vei­lig­heid ge­had nie. Ná al dié inbrake is ek egter te bang om bedags na die hoewe te gaan,” het Mar­li du Ples­sis, eie­naar van die hoe­we, aan Die Pos ge­sê.

Vol­gens haar het haar groot­ouers die eien­dom 25 jaar lank besit en bewoon. Hulle het die plaasopstal in 1985 gebou.

Du Plessis se grootouers het in 2016 na Be­la-Be­la ver­huis, waarna Du Ples­sis en haar man die grond vir weiding vir hul bees­te en wild gebruik het. Hoewel die huis meestal onbewoon is, is dit egter steeds deur lede van die familie as vakansiehuis gebruik en het hulle gereeld daar uitgespan.

“Dit was altyd veilig daar. Ek het al meer as een keer alleen daar gebly sonder om bang te wees,” het Du Plessis gesê.

Die eien­dom het eg­ter die af­ge­lo­pe twee maan­de se­we keer erg deur­ge­loop onder inbrekers.

Gor­dy­ne, meu­bels, bed­de­goed, huis­toe­stel­le en tuin­ge­reed­skap is tus­sen Son­dag 21 A­pril en Woens­dag 15 Mei ge­buit. Van die meu­bels was on­ver­vang­baar, het Du Ples­sis ge­sê.

Die erg­ste was toe diewe begin Mei ’n groot ­deel van die huis se sink­dak ge­steel het.

“Plaas­aan­val­le is deesdae ba­ie in die nuus. Daar word oral op so­sia­le me­dia en in die koe­ran­te berig oor mense wat op hul plase of hoewes vermoor is. Dit maak nie saak hoe pa­raat ’n mens is nie: Wanneer men­se jou só ge­we­ten­loos rot en kaal besteel, sal hul­le nie hui­wer om moord te pleeg nie,” het Du Plessis gesê.

Die fa­mi­lie het in­tus­sen ’n vei­lig­heids­wag aan­ge­stel om die per­seel te beveilig.

Lt. kol. Abel Phet­la, waar­ne­men­de speur­tak­hoof by die Be­la-Be­la-po­li­sie, het ge­sê hul­le is be­wus van misdadige aktiwiteite in die Nood­hulp-omgewing en on­der­soek die sa­ke.

“Dit was die laas­te ruk stil daar, maar net een in­braak is reeds een te ­veel. Be­amp­tes sal hier­die om­ge­wing meer gereeld pa­trol­leer.”

Hy het gesê die R516-pad tussen Tha­ba­zim­bi en Be­la-Be­la sal meer gereeld ge­pa­trol­leer moet word, want boos­doe­ners gebruik dikwels hierdie roete.

“Die Nood­hulp-buurt­wag is ook in die pro­ses om herge­struk­tu­reer te word,” het Phet­la ge­sê.

Du Ples­sis het gesê sy dink, soos talle ander inwoners, met heimwee terug aan die dae toe dit veilig was om daar te woon. “Ek hoop dat ons al­mal weer veilig kan voel as ons Sa­ter­dae saam met vrien­de en fa­mi­lie braai. Ons wil nie saans met slaaptyd met een oog oop of ’n pis­tool on­der die kus­sing slaap nie,” het sy ge­sê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button