CrimeNews

Polisie lê groep ‘veediewe’ voor

Twee mans wat glo grond in die Al­ma-om­ge­wing huur, is deel van ’n groep men­se wat in Mpu­ma­langa aan­ge­keer is vir die dief­stal van meer as 300 bees­te.

Cor­ne­lius van der Walt (55) en ’n Pre­to­ria­se pro­ku­reur, Jan-Spruyt Steen­kamp (32), het saam met 10 ver­dag­tes op Don­der­dag 9 Mei in die hof in Er­me­lo ver­skyn op klag­tes van vee­dief­stal en die be­sit van ge­steel­de eien­dom nadat 334 bees­te ter waarde van R3,1 miljoen glo ge­steel is. Die sa­ke teen se­we van die mans is te­rug­ge­trek. Van der Walt en Steen­kamp ver­skyn op Vry­dag 17 Mei weer in die hof saam met Si­bu­si­so Ma­bu­se (43), Lu­cas Ma­ga­gu­la (35) en Vusi Mhlongo (34) om aan­soek te doen vir borg­tog.

Die inheg­te­nis­na­me op Maan­dag 6 Mei volg glo op weke­lange har­de werk deur die po­li­sie en vei­lig­heids­groe­pe om vee­diewe wat in die Brey­ten-om­ge­wing be­dry­wig was, vas te trek. Die deur­braak het ge­volg na­dat die vee­dief­stal­een­heid in Mid­del­burg in­lig­ting ont­vang het dat die groep be­plan om op ’n plaas naby Brey­ten toe te slaan, het brig. Leo­nard Hla­thi, po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê. Die vermeende e­die­we is voor­ge­lê en daar is glo ge­wag tot­dat hul­le twee vrag­mo­tors vol ge­laai het en be­sig was om ’n der­de een te laai, voor­dat die po­li­sie toe­ge­slaan het.

Hul­le het reeds et­li­ke nag­te lank ge­wag om op die vee­die­we om toe te slaan.

Daar is be­slag ge­lê op drie vrag­mo­tors, ’n bak­kie wat glo deur Van der Walt en Steen­kamp ge­bruik is, so­wel as R95 000 kon­tant, het Hla­thi gesê.

Vol­gens ’n bron be­trok­ke by die on­der­soek is vrag­brie­we van die vo­ri­ge twee vrag­te bees­te in die ver­dag­tes se be­sit ge­vind. Dit het aan­ge­dui dat die bees­te glo na vei­ling­kra­le in die Bela-Bela-om­ge­wing ge­neem is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button