CrimeNews

Booswigte breek by polisiekaptein se huis in

Boos­wigte het die afge­lope week die verme­tel­heid gehad om selfs by ’n polisie­kap­tein se huis in die Bos­poort-omge­wing in te breek.

Die polisie vermoed dat dieselfde boewe, wat iewers tus­sen Sa­ter­dag en Son­dag (11-12 Mei) by kapt. Em­sie Roux van die Be­la-Be­la-po­li­sie se huis inge­breek het, reeds ge­ruime tyd in die omge­wing doenig is.

Hulle het tal­le waar­de­vol­le i­tems ge­steel terwyl sy nie tuis was nie.

Roux het by na­vraag ge­sê sy is Son­dag in­ge­lig dat twee ver­dag­tes by huise naby hare pro­beer in­breek het, maar on­suk­ses­vol was. Sy ver­moed dat dit die­self­de ver­dag­tes is wat haar eien­dom ge­tei­ken het.

“Hul­le het die dief­we­ring by een vens­ter oop­ge­buig son­der om ’n ruit te breek en het só toe­gang tot die huis verkry. Hul­le het pro­beer om my wa­pen­kluis met ’n swaar stuk staal oop te breek, maar kon dit nie reg­kry nie,” het sy ge­sê.

Hulle is onder meer weg met ’n skoot­re­ke­naar, skoe­ne, par­fuum, sel­foon­toe­stel­le, kle­re en ’n sel­foonsim­kaart.

“Dit is vreemd dat hul­le die kos, win­ters­kle­re, my ver­loof­ring en werk­sel­foon ge­los het,” het sy ge­sê.

Sy het reeds ’n saak van in­braak en dief­stal by die po­li­sie ge­o­pen.

  • Na­tasja Kemp van die Bos­poort-buurt­wag het ge­sê inwoners kla deesdae oor misdaad in dié buurt en talle mense het gevra om op die buurt­wag se nood­groep ge­plaas te word. Die groep se doel is om voor­val­le en ver­dag­te ak­ti­wi­teite aan te meld.

“Men­se is steeds onder die wanindruk dat hul­le net hul klagtes op dié WhatsApp-groep kan plaas en dat dit deur ie­mand an­ders op­ge­los sal word. Intussen is hulle on­­wil­lig om aan pa­trol­lies deel te neem of by die Plaas­li­ke-re­ak­sie­span (die RSRT-buurt­wag) in te ska­kel om die mis­daad­pro­bleem te help op­los,” het sy ge­sê.

“Ons moet almal saam­staan om ons omge­wing te beveilig.”

Kemp en Roux het albei gesê mis­daad in die om­ge­wing styg sodra daar iewers in die omge­wing gebou word.

’n Ander probleem is die baie leë erwe in die omgewing. “Dit gee verdagtes die geleentheid om ongesiens rond te sluip en die omge­wing te bespied,” het Kemp ge­sê. Tal­le eie­naars het volgens haar ook gekla dat hul hei­nings die afgelope tyd be­ska­dig is.

“Statistieke wys dat die mees­te in­bra­ke in die vroe­ë og­gend­u­re plaasvind wan­neer men­se diep slaap,” het Kemp gesê.

Kemp gaan eersdaags op kraam­ver­lof, maar is steeds be­skik­baar vir men­se wat ver­dag­te ak­ti­wi­teite wil aan­meld of by die buurt­wag in­ska­kel. Inwoners kan intussen vir Ja­nes Bos­hoff by tel. 072 492 7087 bel om voorvalle aan te meld.

Related Articles

Back to top button