CrimeNews

Bendegeweld neem toe in Mookgophong

Die polisie in Mook­go­phong het die afge­lope twee weke hul hande vol ge­had nadat gewelds­mis­daad in die dorp en omge­wing toe­ge­neem het.

Volgens AO George Ledwaba is ’n jong man (19) op Woens­dag 8 Mei in heg­tenis geneem nadat hy glo ’n ander man met ’n mes in die nek gesteek en dié kort daar­na aan sy wonde beswyk het. Die ver­dagte het reeds op Vrydag 10 Mei in die hof in Mook­go­phong verskyn en die saak is uitge­stel tot Vrydag 17 Mei vir ’n borg­aan­soek.

Gerugte doen die ronde dat die twee reeds op Dinsdag 7 Mei in ’n woorde­wis­seling betrokke was oor geld. ’n Inwoner wat anoniem wil bly, het aan Die Pos gesê die slagoffer en ver­dagte het glo aan twee vers­kil­lende bendes behoort en dat die voor­val bende­verwant is. Die polisie wou nie die gerug beves­tig nie, maar het wel bevestig dat hulle bewus is van bende­bedrywig­hede in die omge­wing. Die verdagte is reeds ver­hooraf­wagtend vir twee ander sake van aan­ran­ding met die doel om ernstig te beseer en moet op Woensdag 22 Mei weer in die hof in Mook­gophong verskyn op hierdie klagtes. Dié voorval het gedurende September 2018 plaas­gevind.

Nog ’n man is op Saterdag 11 Mei by Norman`s Tavern, ’n kuier­plek, vermoor nadat daar ook ’n woorde­wis­seling ontstaan het. Volgens Ledwaba was ’n groep jong­mense besig om snoeker te speel toe die oor­ledene hulle glo beveel het om die plek te ver­laat aan­gesien dit sy “speel­gebied” is. Hy het ’n gholf­stok gehad en wou hulle glo aan­rand. Die groep het hulself glo verde­dig en hy is eers geslaan en het daarna aan ’n mes­wond beswyk. Niemand is nog in verband met die moord in heg­tenis geneem nie.

Daar was ’n derde gewelds­mis­daad op Sater­dag 11 Mei toe nog ’n man (19) op die plaas Voor­waarts buite Mook­go­phong aan ’n mes­wond gesterf het nadat daar glo ’n geskil was tussen twee mans wat saam op die plaas werk. Ledwaba het gesê die oor­ledene het glo in die ver­dagte (20) se besit­tings gekrap en is toe deur die verdagte met ’n mes in die linker­been gesteek. Die nood­dienste is ont­bied maar die man het reeds te veel bloed verloor en het in die ambu­lans gesterf.

Die polisie wou op hier­die stadium geen name bekend maak nie. Onder­soeke duur voort in al drie sake.

Ledwaba het sy kommer uitge­spreek oor die voor­valle en gesê die polisie, in same­wer­king met die plaas­like gemeen­skaps­polisiërings­forum (GPF), sal aan ’n plan werk om die gemeen­skap te beveilig en in te lig oor die gevare van bende­geweld.

Related Articles

Back to top button