CrimeNews

Bejaarde inwoner in selle oor beweerde ysterdiefstal

’n Bejaarde inwoner van Mookgophong, Hendrik Nicolaas Botha (71), is Vrydag 26 April in hegtenis geneem nadat hy volgens die polisie glo in die besit van gesteelde skrootyster betrap is.

Volgens AO George Ledwaba en Kobus van Loggerenberg, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het die polisie gereageer nadat hulle inligting uit die gemeenskap ontvang het dat Botha glo gesteelde skrootyster aankoop. Botha is op sy kleinhoewe in 4de Straat buite die dorp aangekeer en het die naweek in die selle deurgebring.

Botha bedryf ook volgens Ledwaba ’n onwettige skrootwerf op sy eiendom.

Volgens Ledwaba is daar onder die goedere munisipale eiendom soos deksels van mangate wat gesteel is en kabels van die waterpompe in die dorp gevind.

Botha het op Maandag 29 April in die hof in Mookgophong verskyn op aanklag van die besit van gesteelde munisipale eiendom, asook gesteelde yster van Transnet. Hy is op borgtog van R1 500 vrygelaat en moet weer op Vrydag 17 Mei in die hof verskyn.

  • Botha het Die Pos vroeër vanjaar gekontak en vertel dat hy na bewering deur ’n groep rowers in sy huis op die hoewe oorval en gemartel is. Die rowers het volgens Botha ’n windbuks, kontant, ’n skootrekenaar, ’n televisie, selfoon, van sy gereedskap, sy bakkie se battery en bande gesteel.Geen saak is egter oor die voorval by die polisie aangemeld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button