CrimeNews

Rowers slaan weer toe by klerewinkel

Die klerewinkel Markham in Chris Haniweg in Bela-Bela het op Maandag 8 April onder gewapende rowers deurgeloop.

Volgens lt.kol. Abel Phetla, waarnemende polisiestasiebevelvoerder, het drie gewapende rowers dié winkel geteiken.

Phetla het aan Die Pos gesê een van die verdagtes het by die winkeldeur waggehou terwyl die ander twee die personeel aangehou het.

Die rowers het op selfone en kontant aangedring.

Die winkel het gelukkig reeds hul geld van die vorige dag gebank voordat die rowers opgedaag het, het Phetla gesê. Die rowers het wel weggekom met klere en ander items uit die winkel.
Die personeel was baie geskok, maar ongedeerd.

Die polisie het in hul ondersoek reeds vasgestel dat die rowers nie plaaslike mense is nie. Die saak word verder ondersoek.

Related Articles

Back to top button