CrimeNews

Man beseer homself in polisieselle

’n Verhoorafwagtende man het homself glo op Vrydag 5 April om die lewe probeer bring in die selblok van die Bela-Bela-polisiestasie.

Volgens kol. Abel Phetla, waarnemende stasiebevelvoerder, het die 36-jarige man homself met ’n skerp voorwerp beseer.

Dit is tans onduidelik hoe die “voorwerp” by die selle ingesmokkel is.

Die man is die afgelope week in hegtenis geneem nadat hy glo ’n vrou op Dinsdag 2 April in die Bela-Bela-township verkrag het.

Hy is na die Warmbad-hospitaal vir be-handeling geneem en was teen Dinsdag 9 April weer terug in die selle.

Hy sou op Maandag 8 April op die verkragtingsklag in die Bela-Bela-land-droshof verskyn het, maar was op daardie stadium steeds in die hospitaal, het Phetla gesê.

’n Nuwe hofdatum moet nog bepaal word. Sy naam word in terme van wetgewing weerhou totdat hy op die aanklag teen hom gepleit het.

Related Articles

Back to top button