CrimeNews

Massapatrollie dien goeie doel

Buurtwagte in en om Bela-Bela het Vrydagnag 8 Maart aan ’n nasionale massapatrollie, onder leiding van AfriForum deelgeneem.

Die projek is geloods van skemer tot sonopkoms die volgende oggend.

Die Bela-Bela-polisie, gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), lede van die Roodekuil, Turfbult en Langkuil-buurtwag (RTL), die Radium-buurtwag en PRSS veiligheidsbeamptes was deel van die projek.

Volgens die organiseerders van die projek was dit die ideale geleentheid om lede se paraatheid op te skerp en seker te maak hulle weet hoe om te mobiliseer en misdaad te bekamp.

Die lede het veral gefokus op verdagte voertuie, dronkbestuurders en verdagte voetgangers. Hulle was gedurende hierdie tyd ook op bystand vir enige noodgevalle.

Luidens ’n verklaring van RTL was daar die aand 34 lede en 17 voertuie in die RTL- en Radium-omgewing op patrollie. Hulle het altesame 942 km afgelê en 157 uur gewerk.

Op provinsiale vlak het daar 760 voertuie, 54 instansies, 46 AfriForum-buurtwagte en 1 299 lede aan die nasionale patrollie deelgeneem.

Teen die volgende oggend is slegs 66 voorvalle in die provinsie aangemeld en in samewerking met die polisie gehanteer.

Related Articles

Back to top button