CrimeNews

Vermeende veediewe kry borgtog

Daar is ses vasgebinde kalwers agterop die bakkie gevind.

Borgtog is toegestaan aan die drie mans wat op Maandag 21 Januarie buite Settlers in hegtenis geneem is met ses vermoedelik gesteelde kalwers agter op die bakkie wat hulle bestuur het.

Die polisie het vroeër aan Die Pos gesê lede van die Pro Track Anti-poaching-eenheid het ’n verdagte bakkie vroeg die oggend met vee agterop in die omgewing gewaar.

Boere, lede van die gemeenskappolisiëringsforum (GPF) en die Pro Track-lede het gehelp om die bakkie voor te keer en van die pad te trek.

Daar is ses vasgebinde kalwers agterop die bakkie gevind.

Ondersoekwerk het aan die lig gebring dat die vee vermoedelik aan ’n boer in die omgewing behoort. Die boer het intussen reeds sy beeste uitgeken.

Die verdagtes, John Mosaka (35), Ofentswe Mabala (25) en Joseph Mpedi (40) is in hegtenis geneem en van veediefstal aangekla. Die drie het op Dinsdag 22 Januarie in die Bela-Bela-landdroshof verskyn en toe weer op Woensdag 30 Januarie vir hulle borgtogaansoek.

Die hof het borgtog van R1 000 aan elkeen toegestaan en die saak na Dinsdag 19 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Related Articles

Back to top button