CrimeNews

Man vry ná klag van poging tot moord

’n Verdagte wat aangekeer is ná ’n aanval in 2017 op ’n 78-jarige man op ’n plaas in die Settlers-omgewing, het dié week as ’n vry man uit die hof in Modimolle gestap.

Die Pos het vroeër berig dat Johan Prinsloo op Woensdagmiddag 15 November 2017, net ná 14:00 deur ’n man langs sy bakkie aangeval is toe hy voor sy huis stilgehou het.

Die aanvaller, wat baie jonger as Prinsloo was, het hom met ’n vleismes in die rug gesteek en ’n struweling het ontstaan. Prinsloo is ook in die hand gesteek. Hy is na ’n plaaslike dokter gehaas wat hom behandel het.

Veiligheidsgroepe het ná ’n reusesoektog dieselfde middag ’n man aangekeer. Johannes Ngobeni, wat in sy dertigs is, is in hegtenis geneem op ’n klag van poging tot moord.

Ngobeni het in die hof betwis dat hy ooit op die toneel was. Die landdros het bevind dat die staat nie bewyse tot die teendeel kon lewer nie en hy is onskuldig bevind.

“Die hofsaak was net so traumaties as die aanval. Dit het my pa baie ontstel,” het Johan Prinsloo, die slagoffer se seun, die afgelope week aan Die Pos gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button