CrimeNews

Skok en trane ná Hepburn-vonnis

Die familie van die 39-jarige Stephan Hepburn het met skok, ongeloof en trane gereageer op die vonnis van ses jaar wat hy vanoggend in die hof op Modimolle opgelê is.

Hepburn is skuldig bevind aan ’n klag van strafbare manslag nadat hy twee jaar gelede ’n man in ’n mielieland doodgeskiet het.

Hepburn het tydens sy verhoor voet by stuk gehou dat hy Jan Railo (23) per ongeluk op die noodlottige nag van Sa­ter­dag, 11 Fe­brua­rie raakgeskiet het. Hy het aan die hof gesê dat hy bosvarke gejag het met toestemming van die plaaseienaar en dat werkers vooraf gewaarsku is om die mielieland op dié nag te vermy. Hy het glo beweging in die mielies gesien en ’n skoot afgevuur.

Hy het op Railo se liggaam afgekom en onmiddellik die Tuinplaas-polisie laat weet. Railo is glo gevind met ’n sak mielies langs hom.

Die hofsaak het veral aanvanklik wyd belangstelling gelok met die galery wat volgepak was met toeskouers in politieke T-hemde.

Adv. WJ Botha het Hepburn, wat in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria aangehou sal word, verteenwoordig.

(Lees volledige berig in dié week se uitgawe van Die Pos)

Related Articles

Back to top button