CrimeNews

Prokureur onttrek ná moordklag teen Van der Westhuizen

Danie en sy pa, Hardus van der Westhuizen (58), is in November verlede jaar deur die polisie in hegtenis geneem weens die besit van vermoedelik gesteelde trokbande.

Danie van der Westhuizen (36) van Bela-Bela, die beskuldigde in ’n diefstalsaak wat ook nou van moord op sy pa verdink word, se prokureur het hom aan die diefstalsaak onttrek.

Danie en sy pa, Hardus van der Westhuizen (58), is in November verlede jaar deur die polisie in hegtenis geneem weens die besit van vermoedelik gesteelde trokbande.

Danie is afsonderlik aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde voertuigonderdele, het Die Pos vroeër berig. Die hof het borgtog van R1 000 aan hom toegestaan op dié aanklag.

Hy is egter in Desember van die moord op sy pa aangekla nadat Hardus in ’n Mokopane-hospitaal dood is nadat hy glo in Pienaarsrivier aangerand is. Volgens die polisie was hy besig met afleweringswerk toe die voorval plaasgevind het.

Borgtog van R5 000 is aan Danie toegestaan op die moordklag. Dié saak is na Vrydag 1 Maart uitgestel.

Danie het weer op Vrydag 18 Januarie op die diefstalaanklag in die hof verskyn waartydens hy aan die hof gesê het dat sy prokureur van dié saak onttrek het.

Danie het gesê dat hy ’n ander prokureur sal aanstel.

Die diefstalsaak is uitgestel na Vrydag 8 Februarie vir Danie se regsverteenwoordiger om by die hof teenwoordig te wees. Sy borgtog is weer verleng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button