CrimeNews

Inwoners gemaan om versigtig te wees

Inwoners, veral bejaardes, word gemaan om op hul hoede te wees ná verskeie voorvalle van kaartdiefstalle by kitsbanke in Mookgophong.

Volgens AO George Ledwaba, woordvoerder van die Mookgophong-polisie, word ouer mense geteiken. Die meeste voorvalle gebeur na-ure wanneer veiligheidsbeamptes nie aan diens is nie.

Hy het aan Die Pos misdaadvoorkomingswenke gegee om te help met die bekamping van soortgelyke misdade:

  • Dit is gevaarlik om saans geld te onttrek. Indien dit nie anders kan nie, moet die persoon vergesel word van ’n betroubare metgesel.
  • Meer as een persoon moet gaan om groot bedrae geld te onttrek of te bank.
  • Wees op die uitkyk vir verdagtes naby banke.
  • Grypdiefstalle het toegeneem. Dra handsakke en selfone op so ’n manier dat dit nie maklik bekombaar is nie.
  • Verdagte mense en voertuie by banke moet dadelik aangemeld word. Skryf die model en kleur van die voertuig neer, asook die registrasienommer.
  • Sluit by plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums aan.

Mense met inligting oor verdagte optrede kan Ledwaba bel by tel. 10111 of tel. 086 0010 111 of die polisiestasie by tel. (014) 743 9000/9047/9048.

Related Articles

Back to top button