CrimeNews

Twee vas oor sakkies met nyope

Hy het klein, bruin pakkies wat in plastiek toegedraai was in sy besit gehad.

Twee mans is agter tralies nadat die Modimolle-polisie hulle glo met verskeie pakkies nyope betrap het.

Die 22-jarige Simon Mathabologa is op Dinsdag 20 November langs Foodzone vasgetrek.

Hy het volgens die polisie klein, bruin pakkies wat in plastiek toegedraai was in sy besit gehad. Die polisie het die pakkies gestuur om forensies ondersoek te word.

Volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het die polisie inligting wat hulle daarna ontvang het, opgevolg en vir Bushy Sithole (36) in Uitbreiding 9 in Phagameng vasgetrek waar hy in die pad geloop het. Hy het glo 75 van dié pakkies in sy besit gehad.

Albei mans het op aanklagte van die besit van dwelms in die hof op Modimolle verskyn. Sithole het op Dins-dag 27 November weer in die hof verskyn en Mathabologa verskyn weer op Vrydag 18 Januarie.

Related Articles

Back to top button