CrimeNews

Beskuldigdes in 2019 weer in hof

Die sake teen ’n sakevrou van Modimolle en die vyf beskuldigdes in die moord op Piet Venter in Rooiberg in 2015, is verlede week in die hof in Modimolle uitgestel tot aanstaande jaar.

Anita van Niekerk, wat van bedrog aangekla word oor ’n beweerde vervalste handtekening op ’n tjek, se prokureur, Stef Kruger, het hom onttrek aan die saak. Die verhoor word op Donderdag 17 Januarie voortgesit om haar geleentheid te gee om met haar nuwe regsverteenwoordiger te konsulteer en instruksies te gee.

Die vyf beskuldigdes in die Rooiberg-moord, Ruben Miles, JP Johannesse, Christopher Joubert, Mona Oosthuizen en Louisa Ricco, word ook deur Kruger verteenwoordig. Die saak is uitgestel na 13 en 14 Februarie omdat hy ongesteld is.

Venter, ’n wildboer van Rooiberg, is in November 2015 op sy plaas, Chaheng Hunting Safari’s, buite Bela-Bela vermoor.

Die hof het in Mei gehoor dat die nadoodse ondersoek getoon het dat die 51-jarige Venter in sy huis weens versmoring gesterf het. Hy was glo vasgebind en ’n broekspyp was om sy nek vasgemaak. Daar was vermoedelik kleefband om sy mond en oor sy neus. Ten tyde van die aanval was Oosthuizen in ’n verhouding met Venter. Sy was glo in die huis tydens die aanval.

Heritage Protection Group se deurwinterde ondersoeker, die afgetrede kol. Sakkie Louwrens, het in September getuig oor wat hy op die toneel gevind het. Hy sal sy getuienis in Februarie voortsit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button