CrimeNews

Rowers tronk toe

Drie verdagtes het ’n geruime tyd lank wildplase en jagkampe in die omgewing geteiken.

Die polisie in Mookgophong het vandeesweek in ’n mediaverklaring aan Die Pos gesê hulle is verheug oor die skuldigbevinding en vonnisoplegging van drie booswigte.

AO George Ledwaba, skakelbeampte, het gesê die drie verdagtes het ’n geruime tyd lank wildplase en jagkampe in die omgewing geteiken.

Martin Kekana(30) is in die streekhof in Mokopane skuldig bevind en tronkstraf van twee jaar of ’n boete van R20 000 opgelê is. Kekana is ’n inwoner van Mookgophong.

Bless Noyo (27) en Tigera Kokera (40), albei Zimbabwiese burgers, is op Vrydag 2 November elk tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op verskeie aanklagte van inbraak en diefstal.

Die gesteelde goedere het verskeie elektriese toestelle, televisiestelle, meubels en selfs yskaste ingesluit.

Die polisie het van die gesteelde goedere by die verdagtes se onderskeie huise gevind.

Ledwaba het die publiek versoek om oplettend te wees tydens die naderen-de feesgety. “Hierdie tyd van die jaar is die booswigte baie doenig en verhoog die voorvalle van inbrake gewoonlik,” het hy gesê.

Hy het veral bejaardes gemaan om versigtig te wees tydens die gebruik van kitsbanke en hulle aangeraai om liewer nie saans of vroegoggend geld te trek.

Gedurende hierdie tye is dit stil by die winkelsentrums en veiligheidswagte is nog nie aan diens nie, wat bejaardes ’n maklike teiken maak, het hy gesê.

Related Articles

Back to top button