CrimeNews

Polisie waarsku mense om lig te loop vir bedrieërs

“Toe hy in Modimolle aankom, kon hy nie die verkopers in die hande kry nie.”

Moenie sommer net geld oorbetaal nie, waarsku die polisie in Modimolle, nadat ’n klaer R18 000 kwyt is ná ’n skelmstreek.

Die klaer het op groot blou advertensieborde gereageer wat voertuie in Thabo Mbekiweg in die dorp adverteer. Die borde het foto’s van minibusse en verskeie ander voertuie op.

“Daar is aan die man gesê dat sodra hy ’n deposito van R18 000 inbetaal, hy die voertuig waarin hy belangstel in Modimolle kan afhaal,” het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, gesê. “Toe hy in Modimolle aankom, kon hy nie die verkopers in die hande kry nie,” het Findlay gesê.

Die polisie het die borde intussen verwyder.

“Mense moenie geld oorbetaal indien hulle nie dit waarvoor hulle betaal gesien het nie,” het hy gewaarsku.

’n Inwoner het onlangs ook deurgeloop onder ’n lugtydslenter. ’n Man, wat die naam van een van haar kliënte gebruik het, het gesê dat hy vleis aan haar wil skenk. Hy het gevra dat sy in ruil vir hom R1 100 se Vodacom-lugtyd koop. “Ons het niks vermoed nie, hy was baie geloofwaardig,” het sy gesê. Die man het ná ’n aantal heen-en-weer-oproepe, tussen neus en ore verdwyn. ’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button