CrimeNews

Man in hegtenis weens beweerde veevoerbedrog

Luidens die klagstaat word die verdagte van bedrog en diefstal aangekla.

’n Man van Polokwane is in hegtenis geneem nadat hy glo mense in die Bela-Bela- en Durban-omgewing se geld ontvang het vir die koop van voer, maar dit nooit gelewer nie.

Machiel Adriaan Wilken (47) is op Maandag 17 September deur konst. Pieter Scheepers, ondersoekbeampte van Bela-Bela, in Hartbeespoort opgespoor en in hegtenis geneem.

Luidens die klagstaat word Wilken van bedrog en diefstal aangekla.

Scheepers het by navraag aan Die Pos gesê die klaer in die saak het glo ’n bestelling by Wilken geplaas.

Hoewel die klaer die geld aan Wilken oorbetaal het, het hy nooit die veevoer ontvang nie.

Wilken het op Donderdag 20 September in die Bela-Bela-landdroshof op die aanklagte verskyn.

Sy saak is uitgestel na Woensdag 3 Oktober vir sy borgtogaansoek. Hy is steeds in aanhouding.

Related Articles

Back to top button