CrimeNews

Vrou tronk toe weens bedrog

Sy het beloof om grafstene vir kliënte te bekom en dat dit afgelewer sal word nadat die kliënte vir die dienste wat gelewer is, betaal het. Die grafstene is egter nooit gelewer nadat die geld oorbetaal is nie.

’n Vrou van Bela-Bela, wat in die begrafnisdiensbedryf gewerk het, is verlede week vir drie jaar tronk toe gestuur weens bedrog.

Mochai Margret Rashalaga (49) van Bela-Bela is sedert 2013 met talle aanklagte van bedrog verbind.

Luidens die klagstaat by die Bela-Bela-landdroshof het kliënte Royal Funeral Services, ’n franchise, genader nadat Rashalaga hul transaksies hanteer het.

Sy het beloof om grafstene vir kliënte te bekom en dat dit afgelewer sal word nadat die kliënte vir die dienste wat gelewer is, betaal het. Die grafstene is egter nooit gelewer nadat die geld oorbetaal is nie.

Sy het luidens die klagstaat die geld vir persoonlike gebruik aangewend. Daar was altesame 10 klaers in die saak.

Die transaksies wat Rashalaga behartig het, beloop ongeveer R87 262.98.

Rashalaga is in Oktober 2016 gedagvaar nadat die klaers die polisie met die klagtes genader het.

Sy is ná twee jaar se hofverrigtinge op Woensdag 30 Mei skuldig bevind aan bedrog.

Sy is op Donderdag 30 Augustus tot drie jaar tronkstraf gevonnis omdat sy die onderneming, asook die kliënte, uit duisende rande bedrieg het.

Die Pos het die bestuur van die onderneming vir kommentaar probeer nader, maar hulle kon teen druktyd nie bereik word nie.

Related Articles

Back to top button