CrimeNews

Booswigte slaan op slapende plaaswerkers toe

Vyf gewapende mans het op die plaaswerkers, wie se name nie bekendgemaak is nie, se wonings toegeslaan terwyl hulle geslaap het.

Die Bela-Bela-polisie ondersoek ’n saak van huisroof nadat drie plaaswerkers in die vroeë oggendure van Woensdag 29 Augustus by ’n hoewe teen die grondpad agter die Palm Plaza Caltex-vulstasie buite Bela-Bela beroof is.

Die eienaar van die plaas was nie tydens die rooftog tuis nie, het polisie gesê.

Vyf gewapende mans het op die plaaswerkers, wie se name nie bekendgemaak is nie, se wonings toegeslaan terwyl hulle geslaap het.

Hulle is vasgebind en in die nabygeleë bosse gelaat. Die rowers het aanvanklik op geld aangedring, het die polisie gesê.

Die boosdoeners het van plek tot plek op die eiendom beweeg en onder meer kon-tant, drank, televisies, klere en ’n Hyundai-bakkie gesteel voordat hulle gevlug het, het die polisie gesê.

Corrie Nelson, voorsitter van die Tweefontein-buurtwag, het by navraag gesê nog ’n inbraak by ’n howe in die omgewing is ook op Maandag 27 Augustus aangemeld.

Hy het gesê voorvalle van diefstal het ook by die Sondela-natuurreservaat daar naby en op drie ander plekke in die Tweefontein-omgewing plaasgevind.

Die polisie ondersoek die voorvalle.

Nelson doen ’n beroep op inwoners in die omgewing om by die buurtwag in te skakel. Bel hom by tel. 082 574 3811.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button