CrimeNews

Man doodgeskiet ná panga-aanval

“Met ons aankoms het ons gesien dat daar ligte in die huis brand. Ons het nader gegaan en drie mans in die huis betrap. Een van die mans het by die agterdeur uitgestorm en my met ’n panga aangeval.”

’n Vermeende inbreker is dood en ’n man wat op die noodroep gereageer het, beseer ná ’n voorval die afgelope week in Modimolle.

’n Groep inwoners van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was op Donderdag 23 Augustus saam met die Heritage Protection Group (HPG) met ’n ondersoek besig ná ’n inbraak by ’n huis op die Sussenvale-plotte tussen Modimolle en Bela-Bela. ’n Alarm het tydens die ondersoek by ’n onbewoonde huis in die omgewing afgegaan en vier van die GPF-lede het gaan ondersoek instel.

“Met ons aankoms het ons gesien dat daar ligte in die huis brand. Ons het nader gegaan en drie mans in die huis betrap. Een van die mans het by die agterdeur uitgestorm en my met ’n panga aangeval,” het een van die GPF-lede vertel. Hul identiteite word om veiligheidsredes weerhou.

Die man het die aanval met sy linkerarm probeer afweer. “’n GPF-lid wat naby my was, het vinnig gereageer en ’n skoot afgevuur. Die aanvaller is noodlottig getref,” het die man gesê. Hy het self beserings aan sy linkerhand en linkerblad opgedoen.

’n Tweede verdagte het glo terug in die huis gehardloop en weggekruip. “Ons het HPG onmiddellik gekontak wat binne minute op die toneel was. Die polisie was ook baie gou daar,” het die man gesê. HPG het die tweede verdagte in hegtenis geneem, maar die derde man het ontvlug.

AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het bevestig dat een man op die toneel dood is, ’n tweede een in aanhouding is en dat die polisie leidrade opvolg om die derde man op te spoor. Die mans kom glo van Soshanguve en is vermoedelik Zimbabwiërs, het hy gesê. ’n Ondersoek na die man se skietdood is deur die polisie geloods.

Die beseerde GPF-lid het gesê mense moet besef dat hulle glad nie alleen uit hul huise moet gaan as hulle iets buite hoor nie, want daar is nie altyd tyd om te reageer nie.

“Kry eers hulp van buite af. Skakel by jou veiligheidsgroep in, maar moenie alleen optree nie,” het hy gewaarsku. “Baie dankie aan almal wat betrokke was en die aand kom help het,” het hy gesê. “Oppas ook daar-voor om berigte waarvan die inligting nie korrek is nie, op sosiale media te versprei nadat so ’n boodskap verwarring oor die gebeure gesaai het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button