CrimeNews

Drie vermeende diewe se hofsake duur voort

Die drie mans wat daarvan aangekla word dat hulle talle huisbrake en diefstalle in die Bela-Bela-omgewing gepleeg het, se hofsake is weer in die Bela-Bela-landdroshof vir verdere ondersoek uitgestel.

Shimane Monageng (19), Kobus Pholoba (27) en Steve Maluleka (20) is in Junie onderskeidelik in die Denoza-uitbreiding van die Bela-Bela-township, Uitbreiding 9 en in Van Stadenstraat in Bela-Bela aangekeer. Die polisie het Maluleka in ’n huis in Van Stadenstraat aangekeer nadat hy onder ’n sitkamerbank probeer wegkruip het. Pholoba is op straat aangekeer terwyl Monageng in Denoza vir die polisie gevlug en onder ’n bed in ’n nabygeleë huis probeer skuil het.

Tot dusver word Monageng volgens die polisie met vier huisbrake, Pholoba met vier en Maluleka met 21 diefstalsake verbind.

Volgens sers. Frans Sekgobela, ondersoekbeampte, het die drie nooit vir lank op dieselfde plek gewoon nie en veral in die leë Heropbou- en Ontwikkelings-programhuise (HOP) in Uitbreiding 9 gewoon.

Monageng het egter in Julie skuld erken op die aanklagte teen hom, waarna die hof hom ’n vonnis van drie jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is, opgelê het. Hy is vrygelaat op voorwaarde dat hy nie weer ’n misdaad pleeg nie.

Hy is skaars ’n week ná sy vrylating weer in hegtenis geneem toe hy vermoedelik by ’n huis in die township ingebreek en kos gesteel het, het Sekgobela gesê. Monageng moet nou weer in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Al drie verdagtes se hofsake is weer vir verdere ondersoek uitgestel.

Pholoba sou weer op Donderdag 30 Augustus in die hof verskyn het, Monageng op Woensdag 29 Augustus, en Maluleka se hofsaak sal eers op Donderdag 13 September voortduur.

Al drie is steeds in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button