CrimeNews

Knap optrede van polisie en GPF lei tot inhegtenisname

Die man se foon is nagespeur tot in Mookgophong en die vermoede was dat hy in die dorp woon en werk.

Die knap optrede van lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Mookgophong het vandeesweek gelei tot die inhegtenisneming van ’n verdagte wat onder meer weens beweerde verkragting deur die polisie in Secunda gesoek is.

Volgens Kobus van Loggerenberg, voorsitter van die GPF in Mookgophong, het AO Bertram du Plessis van die polisie in die dorp hom laat weet dat hy ’n lasbrief het vir die inhegtenisname van dié man. Sy naam mag ingevolge wetgewing eers genoem word sodra hy gepleit het.

Die man se foon is nagespeur tot in Mookgophong en die vermoede was dat hy in die dorp woon en werk.

“Ek het al sy foto op Facebook gesien en dadelik geweet dat ek hom al êrens gesien het,” het Van Loggerenberg aan Die Pos gesê.

Van Loggerenberg het dadelik die inligting aan sy GPF-lede verskaf en volgens hom het hy binne tien minute inligting ontvang oor waar die man werk en woon. Hulle kon ook sy voertuig beskryf en inligting verskaf oor sy doen en late.

Die man is op Woensdag 15 Augustus in hegtenis geneem en sal in Secunda in die hof verskyn.

Related Articles

Back to top button